SOL Akademiese Professionele Ontwikkelingsgeleenthede

ʼn Leerbestuurstelsel (LBS) is ʼn integrale deel van onderrig en leer. Ontwikkel jou tegnologiese vaardighede ter verbetering van die fasilitering van verrykte studenteleerervarings.

Wat het ons studente geleer en hoe goed het hulle dit geleer? As ons beter graduandi wil oplewer wat beter toegerus is om sukses te behaal in die 21ste eeu, in ʼn hoogs mededingende globale omgewing, moet ons ons studente beter assesseer.

Die klaskameromgewing is ʼn kritiese aspek wat ʼn impak het op studenteleer. Bevordering van ʼn gevoel van gemeenskap in die klaskamer is belangrik indien mens positiewe houdings teenoor leer wil koester. Die bestuur van die klaskamer verseker optimale studentebetrokkenheid en akademiese sukses.

Multimodale benaderings tot onderrig en leer maak ʼn leeromgewing moontlik wat bevorderlik is vir die aflewering van inhoud in verskeie formate. Multimodaliteit vir leer bevorder kenniskonstruksie en algemene betrokkenheid van studente in ʼn diverse klaskamer.

Wat weet ons oor hoe studente leer, en wat beteken dit vir hoe ons onderrig? Verbeter jou onderrigpedagogiek om studentesukses moontlik te maak.

ʼn Doeltreffende aanlyn pedagogiek is een wat ʼn studentegesentreerde leerbenadering aksentueer. Om te leer om aanlyn onderrig te gee is ʼn onontbeerlike aspek om massifikasie, toegang en sukses in HO die hoof te bied.

Doeltreffende leerontwerp dra by tot die gehalte van instruksie in die onderrig-leer-omgewing. Die gevolg van gesonde leerontwerp is duidelik in betekenisvolle leeruitkomste, sowel as die identifikasie van kennis, vaardighede, en vermoëns wat nodig geag word om die inhoud te bemeester.

Navorsing dui daarop dat betrokke studente ʼn groter kans staan om akademiese sukses te behaal. Verbeter jou pedagogie wat betref doeltreffende studentebetrokkenheid en -ontwikkeling in die klaskamer.

Die Vakkundigheid van Onderrig en Leer is ʼn groeiende beweging in HO. VvOL is vakkundige ondersoek na studenteleer wat die praktyk van onderrig bevorder deur ondersoekbevindinge openbaar te maak. VvOL balanseer die eise van onderrig, leer, navorsing, en gemeenskapsbetrokkenheid.

Die studentegenerasie wat ons onderrig, is betrokke en kundig met die gebruik van tegnologie. Onderrig met tegnologie bemoontlik ʼn doeltreffende onderrig-leer-omgewing deur verbeterde betrokkenheid, kennisretensie, en samewerking.

Hoëgehalte akademiese leierskap is nodig om die uitdagings die hoof te bied wat aan HO gestel word. Bevorder jou leierskapskennis en -vaardighede deur professionele ontwikkeling.

Word deel van die SOL navorsings- en konferensiereis deur ʼn vakkundige benadering tot onderrig en leer in HO op die gebiede van leerontwerp en -ontwikkeling, studenteondersteuning vir verbeterde sukses, digitale transformasie in onderrig en leer, en professionele ontwikkeling van universiteitsleerkragte.

 

Voorgestelde afleweringsmodusse vir 2020

Moving to Mastery (1 – 2 ure)

Hierdie APD-geleentheid sal aangebied word as ʼn aangesig-tot-aangesig-oggend- of -middagsessie. Hierdie sessie sal inligting verstrek oor teorieë en teoretiese raamwerke sowel as toepaslike voorbeelde wat van toepassing is op die onderwerp van die APD-geleentheid. Daar sal nie van deelnemers verwag word om ʼn opdrag of prakties te doen tydens die sessie nie. Hierdie sessies sal normaalweg ʼn voorvereiste wees vir ʼn Change LAB praktiese werkswinkel.

Change LAB (2 – 3 ure)

Hierdie APD-geleentheid sal aangebied word as ʼn aangesig-tot-aangesig-oggend- of -middagwerkswinkel. Dit is ʼn praktiese aangesig-tot-aangesig-werkswinkel wat dit vir deelnemers moontlik sal maak om aktief deel te neem aan die toepassing van kennis en/of teorieë toegespits op die ontwikkeling van verskeie onderrig-leer-aktiwiteite met betrekking tot die onderwerp. Daar sal van deelnemers verwag word om hul eie bewysstukke te bring om aan te werk tydens die sessie. Daar sal ook van deelnemers verwag word om ʼn praktiese opdrag te doen tydens die werkswinkel. ʼn Voorvereiste vir hierdie werkswinkels sou voltooiing kon behels van die Moving to Mastery-sessie oor die verwante onderwerp. 

Lunch and Learn (Middagetensuur / Voorgestelde fakulteitslokale)

Hierdie APD-geleentheid sal aangebied word as ʼn aangesig-tot-aangesig-middagetensuurbespreking wat sal lei tot ʼn gemeenskap van praktyk. Hierdie middagetensuurbespreking sal dit vir deelnemers moontlik maak om idees en suksesse te deel en sal uitdagings aan die lig bring wat deelnemers in hul onderrig ervaar m.b.t. die onderwerp. ʼn Toonkas van strategieë vir sukses deur kundige dosente oor verskeie onderrig-leer-uitdagings sal ook aangebied word.

Switch it On Seminars (SOS) - certified (1 hour)

Magna bied verskeie aanlyn seminare aan oor die verwante onderwerp. Weens die tydsverskille tussen die verskillende streke/lande word hierdie gesertifiseerde aanlyn seminare na ure aangebied – volgens Suid-Afrikaanse Standaardtyd (SAST). Gevolglik sal deelnemers asinchrone toegang tot die opname van hierdie aanlyn seminaar geniet. Deelnemers wat vir die aanlyn seminaar geregistreer het, sal ʼn skakel ontvang vir toegang tot die opname van die aanlyn seminaar wat enige tyd gekyk kan word wat inpas by hul onderskeie skedules. Na voltooiing van hierdie aanlyn seminaar sal deelnemers ʼn sertifikaat van voltooiing kan aflaai. Toegang tot hierdie skakel is geldig tot die einde van Oktober 2020.

Webinaar (2 hours)

Hierdie APD-geleentheid sal in ʼn sinchrone aanlyn webinaarformaat aangebied word. Deelnemers sal bemoeienis maak met die spesifieke onderwerp in ʼn groepbespreking gefasiliteer deur die aanbieder.

Making a Difference (MAD) gefasiliteerde aanlyn werkswinkel (1 - 12 weke aanlyn)

Dit is ʼn gefasiliteerde aanlyn werkswinkel met streng sperdatums wat tydens die werkswinkel gehaal moet word. Daar sal van deelnemers verwag word om uitsette te lewer in die vorm van deelname aan besprekingsvorms, en/of opdragte wat betrekking het op die onderwerp.

Getting it Done (GID) aanlyn kursus teen jou eie tempo (4 - 6 weke aanlyn)

Dit is ʼn gesertifiseerde aanlyn kursus wat deelnemers kan aanpak soos wat hulle skedules toelaat. Hulle bepaal self die tempo. Die kursusskedule loop gewoonlik oor ʼn tydperk van 4 tot 6 weke. Verskeie registrasiedatums is beskikbaar gedurende die jaar.

 

Projekleier: CTL APD opportunities

Senior Akademiese Ontwikkelaar

Dr Mariette Fourie