Die Taaldirektoraat van die NWU is ʼn ondersteuningsdepartement wat ʼn verskeidenheid taaldienste aan die Universiteit lewer: taalbeplanning (beleid en implementering), vertaling, tolking, redigering, taaladvies en ʼn taalombudspersoonfunksie. Die Direktoraat doen ook navorsing waar dit relevant mag wees ten opsigte van enige van sy taalaktiwiteite.

Ons dienste word gelewer aan ander ondersteuningsdepartement sowel as aan die onderrig-leer- en studentelewe-omgewing. Ons is ook betrokke by taalfasilitering, meestal in die vorm van tolking, in die gemeenskap.

 

Internasionale Vertaaldag

International Translation Day

Ons unieke taalbeleid

In ooreenstemming met ons meertalige beleid streef ons na die bevordering van die akademiese status van die vernaamste Afrikatale van die streke waarbinne ons kampusse geleë is, naamlik Setswana en Sesotho. Ons doen dit benewens die handhawing van Engels en Afrikaans as die huidige onderrigtale. Ons funksioneel meertalige taalbeleid is ʼn toevoegende model; ons voeg onderrigtale toe tot dié wat tradisioneel op ons kampusse gebruik word.

Om hierdie meertalige doelwitte te bereik, sal ons van alle linguistiese hulpbronne gebruik maak wat tot die beskikking van ons personeel en studente is – wat wyd uiteenlopende linguistiese repertoires het. Ons uiteindelike doel is verbeterde toegang tot die NWU sowel as verbeterde onderrig-leer.
Dit sal ons bereik deur die verbetering van die studente-ervaring, en dit sluit in dat ons enige tale verwelkom wat studente en dosente na die Universiteit toe bring.

Om hierdie rede sal ons voortgaan om die volgende onderrigmediums te gebruik: enkelmedium (Engels, Afrikaans, Setswana en Sesotho), parallelmedium, dubbelmedium en opvoedkundige tolking. Vanaf 2020 sal ons ook van transtaling gebruik maak. Taalfasilitering sal dan op verskeie maniere plaasvind, insluitende meertalige leermateriaal en meertalige ewekniefasilitering, opvoedkundige tolking en vertaling, meertalige video’s en opgeneemde lesings, en op verskeie ander tegnologiebemiddelde maniere.

Ons uiteindelike doelwit

Uiteindelik sal ons personeel meer meertalig kan funksioneer, terwyl dit ons studente sal help om onderrig-leer-inhoud beter te bemeester, te internaliseer en te reproduseer – en hulle sal dit in meer as een taal kan doen. Hulle sal dus beter voorbereid wees om in die meertalige wêreld van werk te funksioneer.

 

NWU-stylgids


Kontak ons

Rig navrae aan Language-directorate@nwu.ac.za

Ontmoet die span

Keaobaka Seshoka (Direkteur)
Johan Zerwick (Ombudspersoon)
+27 (0)18 299 4704
Basil Rabie (aangeleenthede m.b.t. opvoedkundige tolking)
+27 (0)18 299 2756
Willie Cloete (vertaling en redigering)
willie.cloete@nwu.ac.za