SOL-Leerontwerp

Wat is Leerontwerp?

Leerontwerp is die proses van die ontwerp van studente-ervarings – bestaande uit die ontwerp van leeraktiwiteite, leerhulpbronne en leerondersteuning, wat gerig word deur die beoogde leeruitkomste. Hierdie leerontwerpe berus op opvoedkundige beginsels en maak doeltreffend gebruik van toepaslike hulpbronne en tegnologieë.

Komponente van Leerontwerp

 

SOO ondersteun dosente in leerontwerp op die volgende wyses:

Leeraktiwiteite

  • Ondersteuning met die seleksie en inkorporering van geskikte media en tegnologieë in onderrig en leer
  • Ondersteun en adviseer m.b.t. beste praktyke vir die gebruik van multimedia vir leer
  • Ondersteuning met die ontwerp van media en aktiwiteite om werk te maak van leerleemtes
  • Ondersteuning met die ontwerp van aanlyn leeraktiwiteite in eFundi
  • Opvoedkundige advies oor beste praktyke om leer te bevorder

Kontak ʼn [Onderrigontwerper] of [Fakulteitspanlid]

Leerhulpbronne

  • Ondersteuning met die ontwerp en ontwikkeling van onderrigvideo’s, podcasts, speletjies, animasie, infografika, grafika en foto’s
  • Studiegidskoördinering en -skedulering [link na die betrokke blad]

Kontak ʼn [multimedia-ontwerper of -ontwikkelaar]

Leerondersteuning

  • Ondersteuning met die ontwerp van aanlyn leerervarings in eFundi
  • Ondersteuning met strategieë om studente by te staan met leer
  • Ontwikkel en verskaf toegang tot tutoriale en hulpbronne om leerders in hul aanlyn leerervaring behulpsaam te wees

Kontak ʼn [e-leerontwerper]