Aanvullende Onderrig - Studente Akademiese Ontwikkeling en Ondersteuning

Oorsig

Aanvullende onderrig (AO) is 'n nie-remediërende benadering tot leer wat studente ondersteun om die inhoud van ‘n module beter te verstaan, sowel as om die studievaardighede aan te leer om die module te bemeester. 

AO is 'n gratis diens en word aanbeveel vir alle studente. AO bestaan ​​uit gereelde geskeduleerde, vrywillige groepsessies buite die klas en word gedryf deur studente se akademiese behoeftes. Sessies word vergemaklik deur opgeleideAO leiers wat groepsaktiwiteite gebruik om interaksie in AO sessies te verseker.

Tydens AO vergelyk studente notas, bespreek lesings, ontwikkel studievaardighede en voorspel toetsvrae. AO word in oorleg met akademiese personeel in hoërisiko-kursusse geïmplementeer.

Media

 

Aanlyn Aanvullende Onderrig

Aanlyn Aanvullende Onderrig is 'n nuwe Studente Akademiese Ontwikkeling en Ondersteuning-inisiatief waarmee AO ondersteuning verleen word in geselekteerde kursusse aan Noordwes Universiteit Oop Afstandsleer studente, asook studente op die kampus wat nie geskeduleerde AO kan bywoon nie. 

 

 

 

Oop Afstandleer studente word aangemoedig om hulle akademiese uitdagings aan te spreek deur middel van AO Leiers wat met hulle in die afstandsentrums werk, of via die aanlynmodus van die Universiteit.

AO Koördineerders

Mahikengkampus

  
 
Mittah Maleno Magodielo
+27 (0)18 389 2381

Gebou A3, Blok D, Kantoor G86

 
 
 
 
 
   
 
 
 
  
 
 

 

 

 

Potchefstroomkampus

        
 
Charl Nel
+27 (0)18 299 2902

Gebou E8, kantoor K19

 
       
 
Rodney Nel
+27 (0)18 299 2380
Gebou E8, Kantoor K24
 
       
 
Annemarie Pretorius
+27 (0)18 299 2105
Gebou E8, Kantoor K16
        
 
 

Vanderbijlparkkampus

       
 
Jani Kuhn
+ 27 (0)16 910 3680
Gebou 13, Kantoor SV319