By Studentevoorligting en -ontwikkeling word professionele dienste aan studente verskaf deur professionele personeellede wat kwalifikasies in sielkunde, berading, maatskaplike werk en psigometrie het. Ons doel word in ons slagspreuk weerspieël: Die beste jy!
Van die dienste wat ons aanbied, kan die volgende insluit (maar is nie daartoe beperk nie):
Sielkundige dienste, wat individuele en groeppsigoterapie en berading insluit
Lewens- en leierskapsvaardighede en persoonlike ontwikkeling
Maatskaplike ondersteuningsdienste, insluitende MIV/Vigs- en gemeenskapsbetrokkenheid-programme
Psigometriese evaluerings vir voornemende sowel as huidige studente
Loopbaanvoorligting en -berading
Verbetering van die eerstejaarservaring (insluitende aanpassing by die kampuslewe, en algemene ontwikkeling vir eerste toetreders)
Ondersteuning vir studente met gestremdhede
Let asseblief daarop dat dienste kan wissel afhangend van die spesifieke NWU-kampus.
NWU-hulplyn
As jy `n emosionele krisis ervaar, reik gerus uit na die NWU-hulplyn.
Die hulplyn is beskikbaar 24 uur van `n dag, en die nommer is tolvry:
0800 128 431
Jy kan ook `n WhatsApp stuur na +27 87 163 2050 (8AM-5PM)
Addisionele krisis nommer vir kampus-verwante insidente:







