Betaalbare gelde

Alle studente moet jaarliks registreer, soos in die Algemene Akademiese Reëls, die Statuut van die Noordwes-Universiteit en die tersaaklike bepalings van die Wet op Hoër Onderwys bepaal word.

Dit is elke jaar min of meer aan die begin van Februarie tyd vir studente om te registreer.

Versnel jou registrasie volgende jaar deur jou minimum betaalbare gelde vroeg (Desember of Januarie) in die Universiteit se bankrekening in te betaal. Maak ook seker dat jou uitstaande Universiteitsrekening ten volle vereffen is, aangesien jy nie toegelaat sal word om vir volgende jaar te registreer as enige gelde vir hierdie jaar nog uitstaande is nie. Let daarop dat geen toegewings vir die betaling van die minimum gelde betaalbaar gemaak sal word nie.

Internasionale studente moet die volle bedrag van hul voorgenome studie-en verwante kostes aan die universiteit vooruit betaal, voordat registrasie gefinaliseer kan word. 

Bepalings en voorwaardes vir aanlynbetalings

Brosjure vir betaalbare gelde en finansiële reëls

Kry 'n kwotasie op klasgelde

 

GERAAMDE EERSTE MINIMUM GELDE 2024

EERSTEJAAR & SENIOR STUDENTE

Verpligte eerste minimum gelde betaalbaar vir 2024

Koshuisstudente

Alle kampusse

Alle nie-koshuisstudente

 

Afstandstudente

Internasionale studente

Bedrag sluit registrasiegelde en 'n eerste betaling op onderrig- ​​en koshuisgelde in.

R 21 870

R 11 810 R 11 810 Volle koste van studie

NSFAS-befondsde studente word van die minimum eerste betaling vrygestel.


BANKBESONDERHEDE VIR BETALINGS

'n Direkte bankdeposito of elektroniese bankoorplasing kan in enige van die bankrekeninge van die Noordwes-Universiteit by ABSA, Eerste Nasionale Bank, Nedbank, Standard Bank of FNB Namibië gemaak word. Die vooraf gedefinieerde rekening genaamd “NWU STUDENT” moet gekies word uit die lys van begunstigdes onder ABSA se rekeningbetalings, FNB se openbare ontvangers, Nedbank se bankgoedgekeurde begunstigdes, of Standard Bank se maatskappylys van begunstigdes. Slegs die student se 8-syfer universiteitsnommer sal as begunstigde verwysing aanvaar word. Die relevante rekeningnommers is:

 

Bank

Rekeningnommer

Takkode

ABSA

40-7009-9350

632-005

FNB

6216-190-7335

240-438

Nedbank

1713-378-531

171-338

Standard Bank

33-038-446-5

052-838

FNB Namibia

6224-883-9823

281-174 (Old Power Station)

"NWU STUDENT" is uitsluitlik vir onderrig-, koshuis- of ander fooie, terwyl "NWU Vending" slegs vir die kontantmaaltydstelsel bedoel is.