Eerstejaarservaring - Studente-ondersteuning

Oorsig

Die Eerstejaarservaring (EJE/FYE) by die NWU is ’n doelbewuste en omvattende inisiatief wat bestaan uit verskillende komponente wat saam werk om akademiese prestasie te verbeter, die getal studente wat volhou, te vergroot, met die oorgang na universiteit te help, ’n gevoel van ’n verbintenis tot die universiteit te fasiliteer, en persoonlike ontwikkeling te verbeter.

Eerstejaarnavigator

Studente Akademiese Ontwikkeling en Ondersteuning (SAOO) het in 2018 ’n nuwe inisiatief begin om ’n e-omgewing op eFundi te ontwerp en ontwikkel om eerstejaarstudente se ervaring te bevorder. Die eFundi-webwerf word die Eerstejaarnavigator genoem en daar is een vir elke kampus, met meer algemene asook kampusspesifieke inligting. Die webwerf se doel is om eerstejaarstudente se gereedheid vir universiteit te verbeter en om inligting regdeur die akademiese jaar aan studente beskikbaar te stel, en nie net tydens die oriënteringstydperk nie.   

Die Eerstejaarnavigator-webwerf bevat akademiese, sosiale en algemene studente-ondersteuningsinligting: 

 

Nuus

Akademiese ondersteuning

Hierdie blad bevat inligting oor al die dienste wat deur die SAOO aangebied word, naamlik akademiese mentors, aanvullende onderrig, tutors, leesontwikkeling, studentewerkswinkels, akademiese advies en eFundi-ondersteuning vir studente. Skakels na jaarboeke en die universiteit se tydroosters is beskikbaar, asook  en inligting oor tydsbestuur, plagiaat, leerstrategieë, en hoe om aantekeninge te maak.

Sosiale ondersteuning

Op die blad vir sosiale ondersteuning kan jy inligting oor berading vir studente, die krisislyn, die kontakbesonderhede van die maatskaplike werkers op elke kampus, die Meal-a-Day-skemas, MIV- en VIGS-dienste, gesondheidsentrums en eenhede vir gestremdes kry.

 

 

Algemene Onderstuning

Op die blad vir algemene ondersteuning kan jy inligting oor finansiële ondersteuning, beskermingsdienste, koshuise en akkommodasie, voedseldienste, ens. kry.

 

 


 

Alle eerstejaarstudente, klik hier om jou Eerstejaarnavigator-webwerf te besoek:

Portuurgroep Akademiese Ontwikkeling en Ondersteuningsprogramme

 

 

Program Koördineerders

Mahikengkampus

 
Mittah Maleno Magodielo
+27 (0)18 389 2381
Gebou A3, Blok D, kantoor G79

 

 

Potchefstroomkampus

         
 
Sonja van der Westhuizen
+27 (0)18 299 2134

Gebou E8, Kantoor 136

           
 
Daniel Motlhabane
+27 (0)18 299 1465
Building E8, Toom 105A

Vanderbijlparkkampus

        
 
Diné du Preez
+ 27(0)16 910 3311

Gebou 13, Kantoor SV309