Etiek

Gedrag tydens die navorsingsproses moet eties korrek wees om die NWU, die navorser, die navorsingspan, die navorsingsdeelnemers en die omgewing te beskerm.  Dit is dus belangrik om etiekgoedkeuring van die relevante navorsingsetiekkomitee (NEK) te kry voordat ’n navorsingsprojek aangepak word, of wanneer enige wysigings aan die oorspronklike goedgekeurde aansoek gemaak word.   Om etiekgoedkeuring te kry, moet ’n ingevulde aansoekvorm met ondersteunende dokumentasie elektronies via InfoEd by die relevante NEK ingedien word, of soos dit deur die NEK-koördineerder gespesifiseer word.

Slegs nadat ’n etieksertifikaat vir navorsing ontvang is en nadat die NWU se gedragskode vir navorsers en NEK-lede onderteken is, mag die navorser met die bepaalde navorsingsprojek voortgaan.

Hierdie bladsy bevat dokumente van wisselende groottes wat beskikbaar is om afgelaai te word.

Beleid en reëls vir navorsingsetiek aan die NWU

Die beleid verskaf ’n aanduiding van hoe navorsing wat in oorstemming is met die etiese beginsels wat deur die NWU aanvaar word, deur die NWU bestuur en uitgevoer moet word.  Die beleid bestaan uit ’n beleidsverklaring, ’n gedragskode vir navorsers aan die NWU, en die reëls vir die bestuur van navorsingsetiek aan die Noordwes-Universiteit.  Aangesien die beleid deur die Raad goedgekeur is, het dit nou dieselfde status as enige ander NWU-beleid.

Die jongste weergawe van die beleid en reëls vir navorsingsetiek kan hier afgelaai word: Beleidsdokument (PDF).

Navorsingsetiekkomitees (NEK’s)

Die NWU het 13 Navorsingsetiekkomitees (NEK’s) wat onder één regulatoriese liggaam funksioneer, naamlik die Senaatskomitee vir Navorsingsetiek (SKNE). Die struktuur van hierdie komitees sluit die volgende in:

 

Senaatskomitee vir Navorsingsetiek (SKNE)

Hierdie komitee dien as die regulatoriese liggaam vir die ander navorsingsetiekkomitees regoor die NWU.

Voorsitter: Prof MJ Mphahlele

Komiteekontakpersoon: Me Feziwe Mseleni of 016 910 3446

 

  1. Noordwes-Universiteit Diereproduksie-navorsingsetiekkomitee

Geregistreer by die Nasionale Gesondheidsnavorsingsetiekraad (NGNER)

Hierdie etiekkomitee hanteer alle navorsingsetiekaansoeke rakende diere en dieregesondheid van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.

Voorsitter: Prof Upenyu Marume

 

  1. Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe-navorsingsetiekkomitee

Hierdie etiekkomitee hanteer alle navorsingsetiekaansoeke rakende mense van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Dit handel ook oor alle geen- en laerisiko-studies wat nie gesondheidsverwant is nie.

Voorsitter: Prof Roelof Burger of 018 299 4269

 

  1. Noordwes-Universiteit Dierenavorsingsetiekkomitee
    Etiekkomitee vir Dieresorg, -gesondheid en -veiligheid in Navorsing

Geregistreer by die Nasionale Gesondheidsnavorsingsetiekraad (NGNER), registrasienr. AREC-130913-015

Hierdie etiekkomitee hanteer alle navorsingsetiekaansoeke rakende navorsing op diere van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en die Fakulteit Natuurwetenskappe.

Voorsitter: Prof Christiaan Brink

Komitee se administratiewe koördineerder: Me Christel van Eeden

Webblad: http://health-sciences.nwu.ac.za/healthethics/about-us

 

  1. Etiekkomitee van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Hierdie etiekkomitee hanteer alle navorsingsetiekaansoeke van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

Voorsitter: Prof. Mark Rathbone

Komitee se administratiewe koördineerder: Me Dalene Vorster of 018 299 1529

 

  1. Noordwes-Universiteit Geestes- en Sosiale Wetenskappe-navorsingsetiekkomitee

Geregistreer by die Nasionale Gesondheidsnavorsingsetiekraad (NGNER)

Hierdie etiekkomitee bestuur alle hoërisiko-etiekaansoeke van die Fakulteit Geesteswetenskappe op die drie kampusse van die NWU (behalwe aansoeke van die Skool vir Tale).

Voorsitter: Prof Erhabor Idemudia

Navorsingsondersteuningsassistent: Mev Amanda Koto of 018 299 4531

 

  1. Basiese en Sosiale Wetenskappe-navorsingsetiekkomitee

Hierdie etiekkomitee bestuur alle lae-, minimale en mediumrisiko-navorsingsetiekaansoeke van die Fakulteit Geesteswetenskappe op die drie kampusse van die NWU wat nie-gesondheidsnavorsing met menslike deelnemers in die Fakulteit Geesteswetenskappe behels.

Voorsitter: Prof Erhabor Idemudia

Navorsingsondersteuningsassistent: Mev Amanda Koto of 018 299 4531

 

  1. Etiekkomitee van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe

Hierdie etiekkomitee hanteer alle lae risiko navorsingsetiekaansoeke van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe.

Voorsitter: Prof CP van der Vyver

Komitee se administratiewe koördineerder: Mev Erna Greyling of 018 299 4656

 

  1. Noordwes-Universiteit Gesondheidsnavorsingsetiekkomitee

Geregistreer by die Nasionale Gesondheidsnavorsingsetiekraad (NGNER)

Hierdie etiekkomitee hanteer alle navorsingsetiekaansoeke rakende navorsing op mense en hul gesondheid van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en die Fakulteit Natuurwetenskappe.

Voorsitter: Prof Petra Bester

Komitee se administratiewe koördineerder: Mev Carolien van Zyl

Webblad: http://health-sciences.nwu.ac.za/healthethics/about-us

 

  1. Etiekkomitee van die Fakulteit Regte

Hierdie etiekkomitee hanteer alle navorsingsetiekaansoeke van die Fakulteit Regte.

Voorsitter: Mnr Braam Klaasens

Komitee se administratiewe koördineerder: Mev Rieëtte Venter

 

  1. Etiekkomitee van die Fakulteit Teologie

Hierdie etiekkomitee hanteer alle navorsingsetiekaansoeke van die Fakulteit Teologie.

Voorsitter: Prof Rudy Denton

Komitee se administratiewe koördineerder: Tienie Buys

 

  1. Noordwes-Universiteit Opvoedings-, Bestuurs- en Ekonomiese Wetenskappe, Regte, Teologie, Ingenieurswese en Natuurwetenskappe-navorsingsetiekkomitee

Hierdie etiekkomitee sal geregistreer word by die NGNER en hanteer alle navorsingsetiekaansoeke wat nie-gesondheidsnavorsing met ʼn medium tot hoë risiko behels.

Voorsitter: Prof Lukas Meyer

Komitee se administratiewe koördineerder: Mev Villera le Roux of 018 299 4707

 

  1. Ingenieurswese-navorsingsetiekkomitee

Hierdie etiekkomitee hanteer alle navorsingsetiekaansoeke wat nie-gesondheidsnavorsing van die Fakulteit Ingenieurswese behels.

Voorsitter: Prof Pieter van Vuuren

Komitee se administratiewe koördineerder: Mev Bettie Handford

 

  1. Etiekkomitee vir Taalsake

Hierdie etiekkomitee hanteer alle etiekaansoeke van studies binne die breë vakgebied van humanistiese dissiplines wat navorsing doen oor menslike taalgebruik in sosiale, politieke, institusionele, kulturele en historiese omgewings en ontwikkelingskontekste, waar die risiko minimaal is en wat nie kwesbare groepe, kinders en gesondheids- of gesondheidsverwante navorsing behels nie. Teksgebaseerde geen-risiko-studies (insluitende korpuswerk in die publieke domein en literatuurstudies) word ook deur die EKTS hanteer.

Voorsitter: Prof Susan Coetzee-Van Rooy

Administrateur: Me Theresa Louw

 

Gedragskode vir navorsers en NEK-lede

Met die goedkeuring van ’n navorsingsetiekaansoek word van die navorser vereis om die NWU se gedragskode vir navorsers te onderteken. 

Die jongste Engelse weergawe kan hier gekry word.

Die jongste Afrikaanse weergawe kan hier gekry word.

 

Risikovlak-beskrywers

’n Dokument is opgestel om navorsers te help om hulle navorsingsprojekte te klassifiseer ten opsigte van die risikovlak wat dit bevat.  Dit sal die navorser in staat stel om die nodige stappe te doen om skade aan navorsingsdeelnemers te beperk en maksimumvoordele te verseker.

Hieronder verskyn ’n voorbeeld van sulke risikovlakbeskrywers:

 

Aansoekproses vir etiekklaring vir navorsing

Dit is nodig om vir etiekklaring aansoek te doen voordat ’n navorser met hulle navorsingstudie kan begin.  Kontak asseblief die komitee se administratiewe koördineerder vir die komitee waar jy wil aansoek doen om oor die komitee se aansoekproses navraag te doen.

 

Toegang tot InfoEd/RIMS

Indien ’n profiel vir jou op die InfoEd/RIMS-etiekmodule geskep moet word, stuur asseblief ’n e-pos aan me Feziwe Mseleni of me Teresa Smit en vra hulle om vir jou ’n profiel te skep.

 

Só ’n e-pos moet die volgende inligting insluit:

  1. Jou versoek.
  2. Jou naam en van (sluit asseblief jou nooiensvan in indien van toepassing).
  3. Jou NWU-studentenommer of ‑personeelnommer.
  4. Jou fakulteit, departement en/of navorsingsentiteit.
  5. Jou e-posadres.

Die nuwe skakel om toegang tot InfoEd te kry: https://rims.nwu.ac.za/

 

Uitreiking van etieksertifikate

Jou bewys vir etiekgoedkeuring kom in die vorm van ’n NWU-etieksertifikaat wat deur die voorsitter van die IRERC onderteken is.  Die sertifikaat word deur me Feziwe Mseleni uitgereik wanneer kennis van goedkeuring van die betrokke etiekkomitee ontvang is.

Kontak asseblief vir me Feziwe Mseleni as jy enige navrae in verband met die etieksertifikaat vir jou navorsingsprojek het.

Let wel: ’n Etieksertifikaat sal slegs uitgereik word wanneer die etiekkomitee wat jou aansoek hersien het ’n kennisgewing van finale goedkeuring aan me Feziwe Mseleni by die Navorsingsondersteuningskantoor gestuur het.

 

Alternatiewe etiekhulpbronne

European Code of Conduct of Research Integrity (PDF)

Die Departement van Gesondheid se Ethics in Health Research: Principles, Processes and Structures, 2de uitgawe, 2015 (PDF)