Tuis

Oorsig

Die Departement Studente- Akademiese Lewensiklusadministrasie (SALA) word sentraal beheer, maar met ’n sterk plaaslik ontplooide teenwoordigheid: Die strategiese raamwerk daarvan is om konsekwentheid, belyning en goeie dienslewering na te streef wat verkry moet word deur middel van die verskaffing van doeltreffende akademiese administratiewe ondersteuning aan kliënte deur die optimalisering van prosesse en stelsels en die konsekwente en aanspreeklike toepassing van beleide en reëls wat met hierdie omgewing verband hou (binne die raamwerk van die NWU se strategiese agenda en waardestelling).

 

SALA is gestig as gevolg van die behoefte om ’n oorkoepelende departement te hê wat as dryfveer optree om die volgende doelwitte te bereik:

  1. Om ’n kostedoeltreffende, enkele en belynde metodologie te verskaf regoor al die terreine en leweringsmodusse om studente te lok, te werf en toe te laat in ooreenstemming met die relevante toelatings-, keurings- (waar van toepassing) en plasingskriteria in voorgraadse en nagraadse programme wat in die NWU se PKM vervat is.
  2. Om voorsiening te maak vir ’n enkele en belynde metodologie regoor alle terreine en leweringsmodusse om ’n doeltreffende en effektiewe registrasiefunksie te verseker met ’n deurlopende mikpunt om hierdie funksie so veel as moontlik te outomatiseer.
  3. Om voorsiening te maak vir ’n enkele en belynde metodologie regoor alle terreine en leweringsmodusse om doeltreffende en effektiewe ondersteuning ten opsigte van program- en modulekeuses te verseker.
  4. Om ’n studentestelsel te onderhou wat optimale bestuur van studenterekords sal toelaat, en waardeur alle relevante bedryfsdata vir besigheidsintelligensiedoeleindes benut kan word.
  5. Om ’n geïntegreerde, doeltreffende en effektiewe roosterbepalingsproses daar te stel wat vir klas- sowel as eksamenroosters vir alle leweringsmodusse voorsiening maak.
  6. Om doeltreffende en veilige dienste vir assesseringsperiodes in die voorgraadse, honneursgraad- en nagraadse sfere vir alle leweringsmetodes te voorsien.
  7. Om ’n veilige en betroubare sertifiseringsproses te verseker, onder andere die finalisering van die graadlys, die reëlings en protokolle ten opsigte van die gradeplegtighede en die administrasie daarvan om ’n belynde voorkoms regoor die kampusse te verkry, en moderne dienste wat die geldigheid van kwalifikasies kan verifieer.

SALA het die student- akademiese lewensiklusadministrasieprosesse van die NWU regoor alle leweringsmodusse belyn, asook die interne prosesse met die eise van die eksterne omgewing: Dit sluit ook in:

  1. Voldoening aan bestaande, nuwe en gewysigde eksterne regulatoriese aanwysings ten opsigte van die sentralisasie van die Nasionale Finansiëlehulpskema vir Studente (NSFAS), sowel as die prosesse by Sentrale Aansoekdienste (CAS).
  2. Die belyning van alle student- akademiese lewensiklusadministrasieprosesse regoor NWU-kampusse ten opsigte van die kontak- sowel as afstandsleweringsmodusse, en ten opsigte van voorgraadse sowel as nagraadse studente:
  • Aansoeke
  • Toelating
  • Registrasie
  • Klasroosters
  • Eksamenroosters
  • Studenterekords
  • Assesseringsadministrasie
  • Sertifisering
  • Transkripsiedienste vir studente
  • Verspreiding van studiemateriaal
  1. Die voorsiening van ’n doeltreffende en effektiewe studentestelsel en gebruikerstelsel-bestuursproses.
  2. Die doeltreffende bestuur van kontrakte vir leerondersteuningsentrums binne die verskaffing van afstandleweringsmodusse.