Induksieprogram vir akademici

Die NWU se induksieprogram vir akademici is ’n aktiwiteit wat as deel van hulle akademiese professionele ontwikkeling op akademiese personeel as onderiggewers gerig is. Akademiese personeellede begin hulle akademiese reis by die NWU deur ’n aanlyn profielopname vir akademiese personeel in te vul wat die personeellid in die program sal plaas wat óf vir ’n nuwe akademikus óf vir ’n ervare akademikus ontwerp is.

Opname vir jou akademiese personeelprofiel: https://goo.gl/forms/AHTMjqsc0W0MOcEL2

Die induksieprogram vir akademici is gemik op permanent-aangestelde akademiese personeel, sowel as op enige personeellid wat aangestel is om aan die NWU onderrig te gee. Die induksieprogram vir akademiese personeellede by die NWU is verpligtend en gekoppel aan die proeftydperk soos dit deur Mense en Kultuur gestipuleer word. Nuwe akademici moet ’n aanlyn komponent in vul asook ’n portefeulje van bewyse skep. Induksie word deur akademiese ontwikkelaars van die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) bestuur.


Mahikengkampus

Kampuskoördineerder:

Dr Raymond Emekako

Administratiewe koördineerder:

Me Kedumetse Leepo

 

 
 
 

Potchefstroomkampus

Kampuskoördineerder:

Me Monique Koetaan

 

Administratiewe koördineerder:

Me Jacobie Fourie

Vanderbijlparkkampus

Kampuskoördineerder:

Dr Manuela Fernandes-Martins

 

Administratiewe koördineerder:

Me Claire Young

 

Tegniese koördineerder:

Me Robyn Bunt