Tuis

Oor die Loopbaansentrum

Ons is 'n span kundiges op die gebied van indiensneembaarheid – ons missie by die NWU-loopbaansentrum is om NWU-studente voor te berei vir hulle professionele loopbane en hulle in kontak te bring met geskikte, voornemende werkgewers. Ons is trots daarop om werkgewers en studente met mekaar in kontak te bring deur geleenthede te skep soos loopbaanskoue, aanbiedings aan werkgewers, gaslesings, werksgereedheidseminare en netwerkgeleenthede met die bedryf.

 

LoopbaanSone

Waar begin jy wanneer jy werk soek? Die LoopbaanSone, ons werkspoort wat kan help. Maak seker dat jou CV bygewerk is. Woon ons loopbaanuitstallings by. Voorbereiding vir jou werksonderhoud is noodsaaklik. Die jaarlikse loopbaangids is ’n waardevolle hulpbron wat die gaping tussen potensiële werkgewers en gegradueerdes verder oorbrug, en dit verskaf brokkies inligting en insigte wat tot jou voordeel is.

 

Besoek die LoopbaanSone

 

 


Kontak ons

 

Vanderbijlparkkampus

Gebou 13, SLI 333

vaalcareercentre@nwu.ac.za

016 910 3345

Mahikengkampus

Gebou ADC, Kantoor 139

mafikengcareercentre@nwu.ac.za

018 389 2935

Potchefstroomkampus

Gebou F25

potchcareercentre@nwu.ac.za

018 299 4409