Oor ons

By Studentevoorligting en -ontwikkeling (SVO) word professionele dienste aan studente verskaf deur professionele personeellede wat kwalifikasies in sielkunde, berading, en maatskaplike werk het. Ons rol is om in tye van nood ’n ondersteuningstelsel vir studente te wees, asook om hulle te inspireer en te help om hulle optimale welstandpotensiaal op alle gebiede van die lewe – van emosionele, sosiale, en fisiese welstand, konnektiwiteit, groei en invloed – te ontwikkel en te bereik.

Visie

Om ’n plaaslike, nasionale en internasionale leier te wees wat die optimale welstand en burgerskap van studente ontwikkel.

Missie

Om ’n diens van hoë gehalte en ’n konsultasiediens te lewer wat studente bemagtig om psigososiaal goedgebalanseerde, loopbaanwyse en goedgeïntegreerde burgers te wees.

Waardes

Menswaardigheid
Vertroulikheid
Integriteit
Respek 
Verdraagsaamheid
Verbintenis tot uitnemendheid