Loopbaan- of studieleiding en -voorligting

Professionele loopbaanvoorligting, psigometriese toetsing en loopbaanpad-voorligtingsdienste

Omvattende en professionele loopbaanvoorligting, psigometriese toetsing en loopbaanpad-voorligtingsdienste is beskikbaar. Van die dienste wat beskikbaar is, vereis ’n bespreking vooraf, voorafbepaalde toetsdatums, en word teen ’n koste aangebied.

Navrae in verband met die psigometriese assessering kan gestuur word aan:

Psigometriese toetsdienste op die Vanderbijlparkkampus sluit in:

  • Graad 10–12: studiegebiedkeuses en loopbaanvoorligting
  • Graad 7–9: vakkeuses en loopbaanvoorligting
  • 19–60 jaar: studiegebiedkeuses, loopbaanvoorligting, loopbaanpadveranderinge
  • NWU-studente: kursusveranderings en loopbaanvoorligting
  • NWU-personeel: studiegebiedkeuses en loopbaanpadveranderinge

Psigometriese evalueringsdienste op die Potchefstroomkampus sluit in:

  • Evaluering vir kursus- en loopbaanvoorligting en -veranderings (vir NWU-studente) (geen koste betrokke nie)
  • Graad 10–12: loopbaanvoorligting en -leiding
  • Graad 7–9: vakkeuses

Loopbaanvoorligting/-leiding sonder evaluering 

  • NWU-studente: kursusverwante inligting, sagtevaardighede-ontwikkeling, kursusveranderinge, loopbaanbeplanning, loopbaanvoorligting, eerste werkservaring, ens.
  • NWU-personeel: loopbaanvoorligting en loopbaanpadveranderings
  • Gemeenskap: voorligting oor vakkeuses en studiegebiedkeuses in samewerking met NWU-bemarkers en studenteraadgewers

Vir hulp met CV’s, werkswinkels oor onderhoude, werkgeweraanbiedings, loopbaanuitstallings, ens., raadpleeg asseblief die Loopbaansentrum.

Doen-dit-self

As jy graag sonder hulp of bespreking ’n loopbaan-belangstellingsvraelys wil invul, sien asseblief die twee beskikbare opsies:   Loopbaanvoorligting of Belangstellingsindeks.