Sielkundige dienste

Jy het soms dalk net ’n klein bietjie hulp nodig om jou beste self te wees! Lewensvaardighedeontwikkeling sluit in die oplos van konflik, leer om vrygewiger te wees, en hoe om die klein dingetjies in die lewe waar te neem. Onthou, jy het die vermoë om iets te laat verander.

Onder die beskerming van Studentevoorligting en -ontwikkeling (SVO) is die doel van berading en psigoterapie om studente met lewensvaardigheidsontwikkeling, persoonlike ontwikkeling en -afrigting, asook persoonlike probleme te help. Studente kry die geleentheid om saam te werk met ’n opgeleide beroepspersoon in een-tot-een-sessies in ’n veilige, versorgende en vertroulike omgewing waar hulle hulle gevoelens, oortuigings of gedrag kan bespreek. Studente kry die kans om deur uitdagende of betekenisvolle herinneringe te werk, persoonlike doelwitte te stel en te werk om die verlangde verandering te bewerkstellig. Diegene wat terapie verlang, doen dit om groot uitdagings van die lewe of trauma uit die kinderjare te leer hanteer, om depressie of angs te hanteer, of om bloot persoonlike groei en ’n groter selfkennis te verkry. Daar is geen vooropgestelde beperking op die aantal sessies wat ’n student nodig het nie, maar dit hang eerder van die unieke behoeftes en persoonlike groei af.

Geen student gaan deur die universiteit sonder om ten minste ’n paar probleme langs die pad te ervaar nie. Hierdie probleme kan stres, gesinsprobleme, gebrek aan eiewaarde, verhoudings, diskriminasie, gebrek aan motivering, en nog talle meer insluit. Maar onthou dat jy nie alleen is nie, by Studentevoorligting en -ontwikkeling (SVO) is daar altyd iemand wat jou deur hierdie moeilike tye kan help. 

 

Mahikengkampus

Berading en MIV/Vigs is tans in die A3-gebou, blok B, kamer 269 (ontvangs). Kontak +27 (0)18 389 2592 vir meer inligting.

Thuso1777 (Potchefstroomkampus)

Om ’n gesonde tersiêre-onderwysomgewing te skep, bied Thuso1777 gratis dienste om te verseker dat studente hulle volle potensiaal kan bereik ten spyte van stressors wat ervaar word.

Terapeutiese dienste word deur geregistreerde sielkundiges aangebied om die sielkundige welstand van die studente te bevorder om hulle te help met die suksesvolle voltooiing van hulle studies, en sodat hulle ’n optimale studentelewe kan ervaar.

Dienste sluit in:

  • Individuele en groeppsigoterapie en berading
  • Groepontlonting
  • Instapdiens (Maandag–Donderdag: 08:00–12:00)

Kontak asseblief Thuso1777 vir meer inligting by +27 (0)18 299 1777.

Thuso-krisissentrum (Vanderbijlparkkampus)

Thuso is ’n 24-uur-krisissentrum wat onder die beskerming van Studentevoorligting en -ontwikkeling (SVO) op die Vanderbijlparkkampus val.

Die hooffokus van Thuso is die volgende:

  • Traumaberading (24-uur-krisislyn)
  • Aanvanklike berading (instapstudente in nood)
  • Skakeling met eweknie-hulpgewers, SKR, HK’s, kampus-gesondheidsorgsentrum
  • Professionele dienste en ER24
  • Verwysings na die kampus se gesondheidsorgsentrum en SVO (sielkundiges)

Thuso is ’n noodkrisislyn wat beskikbaar is vir studente wat ’n innerlike gesondheidskrisis ervaar en nie die huidige situasie kan hanteer nie. Ons hooffokus is om selfdood te voorkom en trauma-intervensie te verskaf. As jy of ’n vriend ’n krisis ervaar, skakel asseblief die Thuso-krisislyn of Beskermingsdienste of maak ’n afspraak.

  • Thuso se 24-uur-krisishulplyn: +27 (0)82 815 9781
  • LifeLine +27 (0)16 428 1640 /+27 (0)861 322 322