Portuurhelpers (Potchefstroom)

Portuurhelpers op die Potchefstroomkampus word volgens vaste kriteria gekies, in basiese hulpvaardighede opgelei en onder hulle medestudente geplaas om hulle te help en na die nodige dienste te verwys. Die portuurhelpers word deur die SKR: Ondervoorsittersportefeulje gekoördineer, wat met Thuso1777 saamwerk om die portuurhelpers te lei, op te lei en te ondersteun.

Portuurhelpers help met:

  • Leiding aan studente tot selfinsig
  • Basiese kommunikasievaardighede
  • Die teweegbring van leer- en gedragsveranderinge
  • Die aanmoediging van selfrealisering
  • Die gee van ondersteuning
  • Hulp aan studente om ’n moeilike tyd/situasie te hanteer
  • Hulp aan studente om hulle omstandighede te hanteer
  • Die verwysing van studente na die nodige professionele persone vir bykomende hulp

Kontak 018 285 2568 om meer oor die portuurhelpers uit te vind.

Studente as Voorstanders van Leierskap en Transformasie (SALT)

Studente as Voorstanders van Leierskap en Transformasie (SALT) bestaan uit portuuropvoeders wat tans studente op die NWU se Potchefstroomkampus is. Hierdie studente is vrywilligers wat hulle tyd opoffer om medestudente oor gesondheid-, sosiale en akademiese sake te help en te onderrig. SALT is ook as ’n vereniging by die SKR geaffilieer.

Projekte

  • Seksueel-oordraagbare infeksies (STI) en kondoomweek
  • Eerste dinge eerste – te doen met ’n massatoetsingsveldtog vir MIV en alle aansteeklike siektes (welstand vir studente en personeel). Eerste dinge eerste word kwartaalliks aangebied
  • Vrouedag
  • Lesbies, gay, biseksueel, transseksueel en interseksueel (LGBTI)
  • Geslagsgebaseerde geweld (GBV)
  • Red Chair – Red Chair is gemoeid met ’n bewusmaking en onderrig oor verskeie welstandsonderwerpe (byvoorbeeld geslagsgebaseerde geweld en middelmisbruik) en word in die koshuise aangebied
  • Mei-metingsmaand (MMM)
  • Middelmisbruik

Kontakinligting:  teamsalties@gmail.com of 018 299 4382