Maatskaplike dienste

By Studentevoorligting en -ontwikkeling streef ons maatskaplike werkers daarna om maatskaplike verandering en ontwikkeling, sosiale kohesie, en die bemagtiging van studente te bevorder en te hanteer. Die beginsels van maatskaplike geregtigheid, menseregte, kollektiewe verantwoordelikheid en respek vir diversiteit staan vir ons sentraal.  Ons betrek studente en strukture om lewensuitdagings te hanteer en welstand te bevorder. Dienste wat ons aanbied, kan tussen die kampusse wissel en kan insluit (maar is nie noodwendig daartoe beperk nie):

 

Die Meal-a-Day-projek

Die Meal-a-Day-projek verskaf maaltye aan verdienstelike, behoeftige studente regoor die hele NWU. Om as ’n Meal-a-Day-ontvanger te kwalifiseer, moet studente aan die volgende kriteria voldoen:

  • Geen volle beurs wat vir maaltye voorsiening maak nie
  • Werklose ouers of ’n enkelouer of geen ouers nie
  • ’n Enkelouer met ’n lae inkomste
  • ’n Goeie akademiese rekord
  • ’n Voorgraadse student

Dokumentasie wat vereis word om aansoek te doen, hang van elke aansoeker se situasie af:

  • Gewaarmerkte afskrifte van doodsertifikate van die ouers/voog/pleegouer
  • Gewaarmerkte afskrifte van die ID en bewys van inkomste van enkelouer
  • Gewaarmerkte afskrifte van beëdigde verklarings en ID’s van werklose ouers
  • Gewaarmerkte afskrif van pleegsorg- of aannemingsbevel
  • Akademiese rekord of toets- of werkopdraguitslae

Doen navraag by Studentevoorligting en -ontwikkeling om uit te vind hoe om aansoek te doen.

Maatskaplike hulp

Maatskaplike werkers kan help om stressors te identifiseer wat ’n negatiewe invloed op die student se lewe het, en daaraan help werk.

Hierdie stressors sluit in, maar is nie beperk nie tot:

  • Dood van gesins- en familielede
  • Onderhoud- en finansiële probleme
  • Alkohol- en dwelmverslawing
  • Psigiatriese probleme
  • Skadelike gesinne
  • Tienerswangerskap en moederskap
  • Seksuele molestering en verkragting

Berading en ondersteuning ten opsigte van dwelm- en alkoholmisbruik

Ons bied die volgende berading en ondersteuning ten opsigte van dwelm- en alkoholmisbruik:

  • Bewustheids- en welstandsveldtogte
  • Berading aan studente wat aan alkohol en dwelms verslaaf en daarvan afhanklik is
  • Verwysings na rehabilitasiesentrums
  • Nasorg en ondersteuning gedurende verblyf in en na ontslag uit rehabilitasiesentrums
  • Ondersteuning aan die student se familie
  • Ondersteuningsgroepe vir betrokke studente
  • Ondersteuning aan studente wat vir dronkbestuur gearresteer is
  • Skep van dialoog oor die voorkoming en behandeling van alkoholmisbruik