Die Eenheid vir die Regte van Mense met Gestremdhede (ERMG)


Die Eenheid vir die Regte van Mense met Gestremdhede (ERMG) het ten doel om studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat by die ERMG geregistreer is, by te staan om hul volle akademiese potensiaal te bereik deur ondersteuning en voldoende toegang tot opvoedkundige geleenthede by die NWU te bied.

Die ERMG streef daarna om studente met gediagnoseerde gestremdhede/versteurings by te staan met aanpassings-, toeganklikheids- en akademiese insluiting by NWU-aktiwiteite. Die ERMG poog om bewustheid te skep en sensitiwiteit en etiket te bevorder rondom studente met gestremdhede, terwyl dit poog om toegelate en aktiewe deelname in die universiteitsomgewing aan te moedig.

 

Studente wat met enige van die volgende diagnoses saamleef, word aangemoedig om by hul kampus se ERMG te registreer indien hulle bykomende ondersteuning benodig:

  • Visuele gestremdheid
  • Gehoorgestremdheid
  • Spraakgestremdheid
  • Fisieke gestremdheid met inbegrip van tydelike gestremdheid
  • Spesifieke mediese versteuring
  • Psigiatriese versteuring
  • Neuro-ontwikkelingsversteuring
  • Neurokognitiewe versteuring

Die ERMG en Studenteberading en -ontwikkeling (SBO) staan studente by met akademiese ondersteuning soos vergunnings tydens formele assesserings. Vergunningsondersteuning sluit die volgende in (waar uitvoerbaar):

  • Verlengde skryftyd
  • Leser
  • Skrywer
  • Spelling-vergunning
  • Vergrote eksamenvraestelle / font
  • Toegang tot 'n rekenaar
  • Pouses
  • Gebruik van spesiale toerusting
  • Ergonomiese veranderings

Vir verdere inligting oor die ERMG se dienste, vergunningsnavrae, of om aansoek te doen om ʼn ERMG-assistent te word en te dien as toesighouer, skrywer, leser, en/of amanuensis, kontak asseblief die Eenheid vir die Regte van Mense met Gestremdhede op jou kampus (ERMG):

Mahikengkampus

  • +27 (0)18 389 2365

Potchefstroomkampus

 Neem kennis van die Konsessieprosedure en spesifieke vereistes

Vanderbijlparkkampus

+27 (0)16 910 3192/3058