Tuis

 

Die Departement Besigheids- en Ondernemingsontwikkeling speel ’n belangrike ondersteunende rol in die kernbesigheid van die Universiteit. Ons lewer kwaliteitdienste aan ons studente, ons personeel en die publiek.

Inwoning en Voedseldienste

Ons huisves graag studente en gaste in ons groot reeks hoëkwaliteit- en goedtoegeruste waarde-vir-geld-geriewe. Ons streef daarna om aan ons kliënte ’n groot verskeidenheid gebalanseerde maaltye en verversings teen bekostigbare pryse te verskaf. Dit word in ons goedtoegeruste kombuise volgens die beste praktyke voorberei en deur passievolle en toegewyde werknemers in ons eetsale, kafeterias, koffiewinkels, kiosks en restaurante bedien.


Vlootvoertuie

Die NWU het voertuie vir amptelike gebruik in Mahikeng, Potchefstroom en Vanderbijlpark
Vind uit hoe om ’n voertuig te bespreek.

Cachetpark-inkopiesentrum

Met ’n boekwinkel, drukkery, gim, selfdienwassery, restaurante, haarkappers en meer is Cachetpark-inkopiesentrum ’n eenstopwinkel in Potchefstroom.