Spysenieringsdienste

Spysenieringsdienste op die Potchefstroom- en Vanderbijlparkkampus bied spysenieringsoplossings vir interne sowel as eksterne belanghebbers, onder andere vir hoëvlakvergaderings, personeelbyeenkomste, konferensies en spesiale funksies, terwyl spysenieringsdienste vir die Mahikengkampus uitbestee word.

Potchefstroomkampus

Die volgende eetsale is vir studente en personeel van die Potchefstroomkampus beskikbaar, en soms ook vir die publiek:

  • Ontbyt by Voorhuis Eetsaal
  • Middag- en aandete by die volgende vyf eetsale:

Ons bied ook die volgende:

  • Borde vir enige geleentheid (D’Vine VenU) – funksiefasiliteit
  • Funksies en dinees by Dampad-eetsaal tot 24:00 (ons het ’n dranklisensie)
  • Spyseniering (insluitende voorbereiding indien nodig) vir enige funksie, soos vergaderings, opleiding, konferensies of groot groepe
  • Kospakkies op versoek

Betalingsopsies beskikbaar:

  • Debiet- en kredietkaarte
  • Studentekaarte
  • Diensrekeninge (interne departemente van die NWU)

Let wel: Geen kontant nie

Kontakbesonderhede vir meer inligting:

Vanderbijlparkkampus

Spysenieringsdienste op die Vanderbijlparkkampus verskaf ’n omvattende spysenieringsdiens (wat voorbereiding, spyseniering, kroegdienste en dekor insluit) aan eksterne kliënte wat van die lapas op die rivierwal gebruik maak. Dit sluit funksies soos troues, jaareindvierings en privaat en korporatiewe funksies in.