Gasvryheidsdienste

Gasvryheidsdienste is trots op die volgende tipes akkommodasie wat hulle in Potchefstroom verskaf: 

  • Enigeen kan plek in ons luukse NWU Sports Village bespreek. Daar is 80 dubbelkamers met en suite-badkamers, twee konferensiegeriewe, ’n Olimpiesestandaardswembad, ’n restaurant en kroeggeriewe.  Dit was ook die tuiste van die Spaanse sokkerspan tydens die 2010 Fifa Sokker Wêreldbeker.
  • Astrovilla bied privaat en veilige selfsorgakkommodasie aan alle besoekers aan die Noordwes-Universiteit en Potchefstroom.
  • Behuising vir internasionale studente is by ons De Wilgers-woonstelle en by Joostestraat 20 beskikbaar.

Voorgraadse/voornemende studente kan aansoek doen om in een van ons koshuise te bly.