Koshuisdienste

Koshuisdienste is verantwoordelik vir die gladde bedryf van die koshuiskomplekse op elkeen van die drie NWU-leweringsterreine in Mahikeng, Potchefstroom en Vanderbijlpark.

Ons verseker ook ’n veilige en skoon koshuisomgewing wat goed in stand gehou word en bevorderlik vir onderrig en leer is.  Ons streef daarna om seker te maak dat al die studentekoshuiskeuses en -plasings onpartydig en volgens die voorgeskrewe reëls en regulasies is. 

Kansellasies van koshuisplasings deur studente word in ’n baie ernstige lig beskou en elke kansellasie word opgevolg om seker te maak dat ons en ons geriewe nie die rede is waarom die student gekanselleer het nie.

Vind meer oor ons kampuskoshuise uit.

Daaglikse vervoer

Die Vanderbijlparkkampus het koshuise op- sowel as afkampus. Afkampuskoshuisstudente word op ’n daaglikse basis deur busse vervoer. 

Personeelbehuising

Die Mahikengkampus bied huisvesting aan personeellede en ons het 148 eenhede wat tans aan personeellede uitverhuur word.