
"Die Tuiste van Kampioene"
Ons luukse NWU Sports Village bestaan uit 80 dubbelkamers met en suite-badkamers, twee konferensiefasiliteite, ʼn Olimpiesestandaard swembad, ʼn restaurant en kroeggeriewe. Dis ook waar die Spaanse sokkerspan tuisgegaan het tydens die 2010 FIFA-wêreldbeker.
Veilig. Privaat. Gerieflik.
Astrovilla bied veilige, privaat selfsorgverblyf vir alle besoekers aan die Noordwes-Universiteit en Potchefstroom.


Ontvlugting Naby die Huis
Die Fish Eagle Riverside Retreat is ʼn wegbreekplek soos geen ander nie. Dit is ver genoeg van Potchefstroom af om weg te kom van die stad se gewoel, maar naby genoeg dat jy binne minder as ʼn uur daar kan wees.
Die moderne en gerieflike oord kombineer die rustigheid van ʼn bosveld-omgewing met al die nodige geriewe en uitstekende diens, en is in harmonie met die natuur.