Ons dienste

 

Die NWU se Beskermingsdienste wil ’n veilige studie- en werksomgewing vir personeel, studente en besoekers aan enige van ons drie kampusse skep.


Ons dienste:

Verkeer- en toegangsbeheer

Verkeer op die kampus word deur die registrasie van voertuie, terreinbeperkings (parkeerskyfies, verhuring en bespreking van sekere parkeerareas), die toepassing van verkeersregulasies, en ’n lisensieskanderingstelsel beheer. Ons ondersoek ook voertuigongelukke wat op ons kampusse plaasvind. Toegangsbeheer word deur elektroniese en kaartbeheer toegepas.

Beveiliging

Ons patrollie- en misdaadvoorkomingsdienste, saam met ondersteunende ambulans- en brandweerdienste, help ons om menselewens, eiendom en geboue beter te beskerm.

Misdaadinligting, ondersoeke en reaksie

Ons doel is om enigiets te voorkom en te bestry wat die veiligheid en sekuriteit van die kampusgemeenskap kan bedreig. Ons ondersoek misdaad en wend pogings aan om die oorsake van misdaad op enigeen van ons kampusse te hanteer en hanteer ook verlore goedere op kampus. Ons moniteer ook spesiale geleenthede.


Mahikeng

protection

Potchefstroom

protection potchefstroom

Nog veiligheidswenke

Vanderbijlpark

protection vanderbijlpark