Die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) beskou die integrasie van tegnologie in die onderrigomgewing as ’n sleutelfokusarea vir opvoeding.
Oudio / Video3x videokameras 3x driepote 1x kamera 2x webkameras 1x Aver-dokumentkamera 1x SMART Podium-pen
|
|
Klik hier om die illustrasies van al ons beskikbare tegnologieë te sien.
Bespreek asseblief die vereiste items ten minste ’n week voor die geskeduleerde kontakgeleentheid of vereiste datum. Die volgende inligting is nodig om ’n bespreking by die SOL te doen:
- Naam, van, skool/vakgroep
- Kontaknommer (kantoor en selfoon)
- Datum(s) waarop die toerusting benodig word
- Tyd wanneer die toerusting benodig word
- Tyd wanneer die toerusting terugbesorg sal word
- Reëlings ten opsigte van die afhaal en terugbesorging daarvan
- Tipe en hoeveelheid van toerusting
- Lokaal waar die toerusting gebruik sal word
- Opvoedkundige ondersteuning nodig vir implementering (indien benodig) – byvoorbeeld ondersteuning om die geskikte apps te vind om op tablette te gebruik – maak asseblief ’n afspraak om te bespreek.
