Primêre Gesondheidsorg

 

Primêre gesondheidsorg is noodsaaklike gesondheidsorg wat vir individue toeganklik en aanvaarbaar is deur volle deelname en teen ’n koste wat die gemeenskap kan bekostig. Die NWU-gesondheidsorgsentrums streef daarna om verskeie primêregesondheidsorg-opsies te verskaf. 

Betaalde dienste kan die volgende insluit, maar is nie noodwendig daartoe beperk nie:

  • Evaluering en bestuur van geringe ongesteldhede
  • Verwysing na ander gesondheidsorggeriewe en NWU-dienste
  • Noodbehandeling (fisiese sorg wat aan pasiënte gelewer word)
  • Noodbestuur (die logisties rondom die beskikbare dienste en die koördinering tussen nooddienste en die gesondheidsorgsentrums)
  • Pasiënte op chroniese behandeling by ’n regeringsgerief kan hulle chroniese medisyne by die NWU se gesondheidsorgsentrums laat aflewer (bepalings en voorwaardes geld)
  • Geringe chirurgiese prosedures, soos steke insit, na snye omsien, of die inplaas en verwydering van Implanon (voorbehoedmiddelinplanting)
  • Reseptering van medikasie wat deur die gesondheidsorgkundiges voorgeskryf word (geen toonbankmedisyneverkope nie)
  • ’n reeks bekostigbare vinnige toetse soos vir swangerskap, MIV, bloedsuiker, ens.
  • Daaglikse laboratoriumdienste (bloed- en ander monsters kan tydens ’n konsultasie deur ’n verpleegkundige geneem word)

 

Kontak asseblief jou gesondheidsorgsentrum of besoek ons om meer uit te vind oor spesifieke betaalbare dienste wat gelewer word, en oor die koste betrokke vir studente, personeel of besoeker.

Gratis dienste kan die volgende insluit, maar is nie noodwendig daartoe beperk nie: 

  • Voortplanting-gesondheidsorgdienste (byvoorbeeld voorbehoedmiddels)
  • Gesondheidsopvoeding soos persoonlike gesprekke, radiopraatjies en inligting ten opsigte van tuberkulose
  • Gesondheidstoetsing vir chroniese toestande en chroniese siektebestuur (CCMDD-program) (bepalings en voorwaardes geld)
  • Toetsing van bloeddruk

 

Kontak asseblief jou gesondheidsorgsentrum of besoek ons om meer uit te vind oor spesifieke gratis dienste wat beskikbaar is.