Oor ons

Missie

Die NWU se gesondheidsorgprogram lewer ’n deelnemende geïntegreerde program binne die raamwerk van die NWU se visie, missie, waardes en strategiese plan, asook die professionele, etiese en wetlike raamwerk van gesondheidsorg.  Die gesondheidsorgsentrum erken die behoeftes van sy kliënte, hoofsaaklik studente, is verbind tot die lewering van ’n hoëgehalte, kostedoeltreffende gesondheidsorgdiens en die versekering en instandhouding van ’n gesonde omgewing vir die universiteitsgemeenskap.

Visie

Om ’n platform vir gesonde, goedafgeronde gegradueerdes en personeel te vestig sodat ’n gesonde kampusgemeenskap geskep kan word om werk, studie en lewe te bevorder. ’n Strewe om ’n leier in die verskaffing van gesondheidsdienste van gehalte in vennootskap met regerings- en nieregeringsorganisasies tot voordeel van Noordwes en sy gemeenskap te wees.

Waardes

  • Respek 
  • Menswaardigheid
  • Etiese praktyk
  • Integriteit
  • Verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, billikheid en deursigtigheid
  • Eerlikheid
  • ’n Sorgsame diens aan ons kliënte