MIV- en Vigs-dienste

Ons beskou MIV/Vigs as ’n ernstige kwessie en ons bied daarom die volgende ondersteuning in samewerking met die kampus se gesondheidsorgsentrums. Dienste kan insluit, maar is nie noodwendig daartoe beperk nie:

  • Berading en ondersteuning aan geïnfekteerde en aangetaste studente
  • Hantering van die stigma van MIV
  • Bewustheids- en voorkomingsveldtogte
  • Bevordering van vrywillige toetsing vir MIV
  • Bevordering van dialoog oor MIV-verwante sake

Ons bied ook voorligting en ondersteuning in verband met die volgende probleme:

  • Geslagsgebaseerde geweld (seksuele aanranding en instemming)
  • Middelmisbruik
  • Mishandeling (fisies/emosioneel/seksueel)
  • LGBTIAQ+
  • Swangerskappe (bv. onbeplande swangerskap)
  • Dood van familielede (stadiums van rou)
  • Bemagtiging van vroue/mans (“Nie langer nie”/”No more” en manlike geweld)

Kontak asseblief of besoek Studentevoorligting en -ontwikkeling op jou kampus om meer uit te vind oor spesifieke dienste wat aangebied word.