Dienste

Intern:

  • Gee advies oor die kwaliteitstruktuur, prosesse en aktiwiteite van die universiteit, insluitende die verantwoordelikheids- en aanspreeklikheidslyne soos weergegee in die kwaliteitshandleiding;
  • gee advies en ondersteuning (op versoek van die Universiteitsbestuurskomitee) op die gebiede van beplanning, implementering, evaluering, hersiening en terugvoer vir verbeteringsdoeleindes;
  • stel beleide, prosedures, riglyne en ander ondersteuningsmateriaal op om die NWU se Gehalteversekering en Verbetering te ondersteun;
  • ondersteun die selfevalueringsprosesse;
  • help met die koördinering en voorbereiding van die Raad op Hoër Onderwys (RHO) / Hoëronderwys-kwaliteitskomitee (HOKK) se kwaliteitsoudits;
  • help met die voorbereiding van die NWU-selfevalueringsverslag en portefeulje vir RHO/HOKK-kwaliteitsoudits;
  • help met die voorbereiding van die Gehalteverbeteringsplanne (gebaseer op die terugvoer van die Gehalte-oudit) vir die RHO/HOKK en moniteer die implementering daarvan;
  • ondersteun interne (self-evaluerings), nasionale en statutêre/professionele evaluerings-/hersieningsprosesse en dryf/koördineer alle eksterne akademiese kwalifikasie-/program-/vakevaluerings;
  • ondersteun die ondersteuningsdepartemente se kwaliteitshandleidingontwikkeling, selfevalueringsprosesse, en dryf alle eweknie-evaluering en/of hersieningsprosesse;
  • adviseer besigheidseenhede (akademiese en ondersteuningsdepartemente) en proseseienaars oor die konstruksie van ʼn databasis van evaluerings, hersienings, verslae, verbeteringsplanne en opvolgaksies;
  • help met en bevorder bewustheid van die NWU se benadering tot Kwaliteit;
  • ontwikkel ʼn intranet-webwerf (toeganklik vir personeel) as ʼn belangrike bron van inligting met betrekking tot alle relevante aspekte; en
  • onderneem gehalteverwante personeelontwikkelingsaktiwiteite tot voordeel van die universiteit en al sy belanghebbers.

Ekstern:

  • Maak bemoeienis met die nasionale en internasionale diskoers oor Kwaliteit; en
  • skakel (deur die kantore van die visekanselier, die betrokke adjunk-visekanselier(s) en/of registrateur) met die RHO/HOKK en enige ander statutêre liggaam oor kwaliteitsverwante aangeleenthede wat onder meer insluit oudits, kwalifikasie/ programevaluerings/ hersienings.