Oor ons

Die Kwaliteitsbevorderingskantoor bied advies en hulp in die ontwikkeling en implementering van inisiatiewe vir gehalteversekering en -verbetering regoor die universiteit. Hierdie kantoor:

  • Bied ondersteuning aan kwaliteitsverwante inisiatiewe soos aangetoon in strategiese doelwitte en die Jaarlikse Prestasieplan;
  • bevorder en help met die ontwikkeling van ʼn kwaliteitskultuur in alle aspekte van die universiteit;
  • vestig en handhaaf beleide, stelsels, aktiwiteite, strukture, prosesse en prosedures wat gerig is op die bereiking, handhawing, monitering en bevordering van kwaliteit;
  • help met die gehalteversekering van akademiese aktiwiteite en ondersteuningsdienste;
  • ondersteun die ontwikkeling van gespesifiseerde Gehalteversekeringstandaarde wat voortdurend en herhaaldelik bereik word; en
  • gee advies binne ʼn voortdurende siklus van standaarde stel vir sleutelaktiwiteite, beoordeling en validering van die prestasies aan die hand van gestelde standaarde, beplanning vir verbetering, en optrede om die gewenste veranderinge te implementeer.

Direkteur se verwelkoming

Welkom by die webblad van Kwaliteitsbevordering (KB). Die NWU is aktief betrokke by die ondersteuning en monitering van die kwaliteit van die akademiese en die ondersteuningsdepartemente se domeine. Dit is ʼn reusetaak en daarom is gehalteversekering ingebed in die take van elke NWU-werknemer. Verskeie prosesse wat in alle besigheidseenhede (akademiese en ondersteuningsdepartemente) by die NWU geïmplementeer word, dra by tot die generering van waardevolle data wat bestuurders help om die gepaste besluite te neem ter ondersteuning van voortdurende verbetering. Sodoende verseker die NWU dat dienste en produkte van hoë gehalte aan kliënte en/of verbruikers gelewer word.

Droom en Doelwit (Visie en Missie)

Die Kwaliteitsbevorderingskantoor ondersteun alle besigheidseenhede (akademiese en ondersteuningsdepartemente) as deel van ʼn gesamentlike poging om die NWU se algehele droom en doelwit (visie en missie) te bereik, soos weerspieël in o.a. die Jaarlikse Prestasieplan (JPP). Dit word gedoen deur middel van advies en ondersteuning m.b.t. universiteitsbesluitneming op hoë vlak oor die ontwikkeling van beleid en praktyk vir Gehalteversekering en -verbetering, en om toesig te hou oor die afgewentelde strategie vir kwaliteitsbestuur, soos weerspieël in o.a. die JPP.