Voordele vir akademici

Die Loopbaansentrum bied verdere waarde aan studente sowel as gegradueerdes deur hulle bewus te maak van die soort eienskappe en vaardighede waarna werkgewers soek.

Die Loopbaansentrum glo dat een van die belangrikste prioriteite is om studente te help om meer oor hulleself uit te vind, hulle oortuigings te ondersoek en die werk wat hulle doen, te waardeer namate hulle op pad is om ’n graad te verwerf. Om studente te help om hierdie begrip te ontwikkel, moet ons as Universiteit akademiese ervaring en leer kombineer, binne sowel as buite die lesinglokaal, met ’n begrip van hoe hierdie ervarings studente vir ’n loopbaan kan voorberei.

Dit beteken dat ons ons studente moet help om oor ’n loopbaan te na dink, nie net as ’n reeks werkgeleenthede nie, maar eerder as ’n deurlopende proses van lewenslange leer, groei en ontwikkeling wat ervaring aan die student se gereedskapkis van die lewe toevoeg.

Die Loopbaansentrum speel dus ’n integrale rol in die onderrig-leer-omgewing en gee op ’n gereelde basis konstruktiewe terugvoer aan die Institusionele Komitee vir Onderrig-Leer en die Onderrig-Leer-forum oor die aktiwiteite van die Loopbaansentrum. Ons help ook werkgewers en akademici om oor spesifieke behoeftes met mekaar te skakel.

 

Kontak Ons

Mahikengkampus (Studente Sentrum) - 018 3892575

Potchefstroomkampus (Gebou F25) - 018 299 4409

Vanderbijlparkkampus (Gebou 13, SL 333) - 016 910 3040