Oor Studentefinansies en finansies-verwante stelsels

Sentrale Beurskantoor

Die doel van die beurs- en leningskema van die Noordwes-Universiteit (NWU) is om soveel finansiële bystand as moontlik (onderhewig aan riglyne) te verskaf aan studente wat aktief daaraan wil deelneem om deur middel van hulle akademiese aktiwiteite, leierskap, kuns en kultuur, asook sportprestasies ’n stimulerende klimaat aan die Universiteit te skep. Let daarop dat die Universiteit hom die reg voorbehou om sonder vooraf kennisgewing enige bepalings en voorwaardes, bedrae sowel as toewysings soos deur die Beurs- en Leningskomitee goedgekeur, te wysig.

Kontak ons asseblief as julle enige navrae het. Ons departementshoof en personeel staan julle graag by, en ons handhaaf ’n oopdeurbeleid.

Studenterekeninge 

Hierdie departement hanteer die finansiële administrasie van studenterekeninge, verhalings en alles wat daarmee verband hou. Kontak ons asseblief as julle enige navrae het.

Bankadministrasie

Hierdie departement hanteer die vinnige en akkurate toewysing van elektroniese betalings wat ontvang word. Kontak ons asseblief as julle enige navrae het.