Oor ons

 

Ons vennote:

Fakulteitsondersteuning en toewysings

By Q&APP is ons verbind tot die instandhouding en ontwikkeling van ’n hoëkwaliteit- nasionale reaksie en wêreldwyd mededingende programkwalifikasiemengsel (PKM). Om ons doel te bereik, moet ons ons fakulteite tot diens wees en verbind wees om kundige kurrikulumondersteuning te lewer. Ons senior kurrikulumspesialiste (SKS’e) word per fakulteit en per kampus toegewys.  Q&APP se SKS’e is lede van al die fakulteite se onderrig- en leerkomitees, en skakel met die adjunkdekane vir onderrig en leer en navorsing (vir nagraadse kwalifikasies en programme), skool- en programdirekteure, senior fakulteitsadministrateurs en bestuurders.

Samewerking met die SOL

Ten opsigte van kurrikuleringsverantwoordelikhede skakel Q&APP in noue verband met die Sentrum vir Onderrig en Leer-eenheid (SOL-eenheid).  Q&APP is verantwoordelik vir makro- en mesokurrikulêre vlakke wat met oorkoepelende kwalifikasies en programme verband hou, en dié binne ’n bepaalde skool of sentrum.  Die SOL, aan die ander kant, is verantwoordelik vir kurrikuleringsake op mikro- en modulêre vlak.  Tydens die SOL se Carpe Diems word akademici met module-ontwerp, insluitende onderrig-, leer- en assesseringsaktiwiteite, bygestaan.  Aangesien al hierdie kurrikulumontwikkelingsvlakke met mekaar verband hou, bestaan daar ’n nou verband tussen Q&APP en die SOL.

Samewerking met die EVO

Die Eenheid vir Voortgesette Opleiding (EVO) is verantwoordelik vir die bestuur en koördinasie van voortgesette-opleidingskursusse (VO-kursusse) aan die Universiteit. Q&APP ondersteun die EVO ten opsigte van die akademiese integriteit van sy nieformele kortkursusse.

Samewerking met die Kwaliteitbevorderingskantoor

Die Kwaliteitbevorderingskantoor verskaf advies en bystand in die ontwikkeling en implementering van kwaliteitsversekering- en ‑verbeteringsinisiatiewe regoor die Universiteit. In sy strewe om met die kwaliteitsversekering van akademiese aktiwiteite te help, skakel Q&APP met en verskaf ondersteuning vir interne programevaluerings (IPE’s) en eksterne programevaluerings (EPE’s) waar spesifieke kurrikulumverbeteringsake geopper word.

Registrar (PQM)

Strategiese Intelligensie (SI)

https://intranet.nwu.ac.za/strategic-intelligence-information-portal-landing-page