Tuisblad

** Neem asseblief kennis dat die Q&APP-webwerf onder konstruksie is!

Kantoor van die Adjunk-Visekanselier: Onderrig en Leer

Kwalifikasie- en Akademiese Program-beplanning (Q&APP) is ’n ondersteuningseenheid wat ná die herstrukturering van die NWU gedurende 2016/2017 gestig is.

Q&APP ondersteun fakulteite met die beplanning, ontwerp en ontwikkeling van nuwe kwalifikasies, akademiese programme en voortgesette-opleidingskursusse, en die wysiging van bestaande programme. As sodanig verskaf dit leierskap en ondersteuning aan fakulteite vir die instandhouding en ontwikkeling van aanbiedings vir hoëkwaliteitkwalifikasies en ‑programme asook voortgesette opleiding in beide die kontak- en afstandsverskaffingsmodusse. Die doel daarvan is om die nasionale responsiwiteit en wêreldwye mededingendheid van die NWU se formele en nieformele aanbiedings aan ’n toenemende getal voorgraadse en nagraadse studente te verhoog, terwyl dit finansieel lewensvatbaar bly.

In ooreenstemming met die beginsels en waardes van die NWU erken Q&APP dat die fundamentele verantwoordelikheid vir kwalifikasies en akademiese programbeplanning by die betrokke kampusse, fakulteite, skole en ondersteuningsdiensdepartemente berus. Q&APP respekteer ook die relatiewe outonomie van die Universiteit en al die ondersteuningsdiensdepartemente in die beplanning en lewering van hulle aktiwiteite en dienste.  Om aan sy doel te beantwoord, verskaf Q&APP kundige kurrikulumondersteuning en ‑advies aan fakulteite om die soort programkwalifikasiemengsel (PKM) te lewer waarna die NWU streef.

 Belangrike dienste wat aangebied word:

  • Aangesien dit ’n openbare universiteit is, word slegs formele kwalifikasies en programme aangebied wat deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) goedgekeur is, deur die Raad op Hoër Onderwys (RHO) geakkrediteer is, en by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO) geregistreer is.  Q&APP fasiliteer al hierdie eksterne goedkeurings nadat dit intern deur die Senaat goedgekeur is.
  • Akademici is nie noodwendig kurrikulumspesialiste nie, en Q&APP, in samewerking met die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL), verskaf kurrikulumkundigheid.
  • Q&APP versprei eksterne regulering en voorskrifte wat met kwalifikasie- en programbeplanning en ‑ontwerp verband hou, en maak seker dat dit aan fakulteite gekommunikeer word en op institusionele vlak geïmplementeer word.
  • Interne prosesse is vaartbelyn en gestandaardiseer om goeie kwalifikasie- en programbeplanning en verbeterde kontinuïteit te ondersteun.
  • Veranderings in die jaarboek kan slegs in werking gestel word deur ’n proses van die Senaatskomitee vir Akademiese Standaarde (SKAS), wat deur Q&APP geadministreer word.
  • Voortgesette-opleidingskursusse moet ook deur die SKAS-proses deur die Senaat goedgekeur word, en Q&APP verseker dat hierdie kursusse goeie akademiese integriteit handhaaf.
  • Q&APP verseker dat die elektroniese kurrikulumbestuurstelsel optimaal bedryf word en verskaf vinnig akkurate kwalifikasie- en programinligting.
  • Q&APP verskaf ’n intellektuele klimaat waar voorgraadse en nagraadse kwalifikasies en programme navorsingsprogramme sal hê wat voorgraadse sowel as nagraadse opleiding ondersteun.

Q&APP ondersteun en adviseer fakulteite in ooreenstemming met hulle geïntegreerde onderrig- en leerprogramme, met:

  • Die beplanning, ontwerp en ontwikkeling van nuwe kwalifikasies.
  • Aansoeke vir bykomende verskaffingsmodusse.
  • Aansoeke vir bykomende hoofstudiegebiede (klassifikasie van opvoedkundige vakmateriaal – KOVM).
  • Aansoeke vir bykomende leweringsplekke/kampusse.
  • Nuwe program(me) wat by bestaande kwalifikasies gevoeg moet word.
  • Herkurrikulering van programme.
  • Veranderings in die jaarboek wat van die goedkeuring van die Senaatskomitee vir Akademiese Standaarde (SKAS) afhanklik is.
  • Die akademiese gehalte van voortgesette-opleidingsaanbiedings, wat titels, doelstellings, uitkomste, onderrig-leer-assesseringstrategie, voldoeningsverwante advies soos diensvlakooreenkomste (DVO’s) en memorandums van verstandhouding (MvV’s), insluit.
  • Administrasie van die SKAS-vergaderings.  Hierdie komitee kyk na sake wat met voldoening, gehalte, relevansie, en die responsiwiteit van die NWU se formele akademiese aanbieding en voortgesette-opleidingskursusse verband hou.
  • Tegniese ondersteuning met die kurrikulumbestuurstelsel, Tsela, wat deur Octoplus ontwikkel is.