Voordele vir werkgewers

 

Loopbaangids

2020/2021 

2019/2020

2018/2019

Virtuele Loopbaanuitstallings

 

Lys van beskikbare werk

Die LoopbaanSone is ’n aanlyn platform waar werknemers hulle werk vir gegradueerdes, internskappe, vakansieprogramme, kompetisies en gebeurtenisse kan deel en meer direk met ons studente kan skakel.
Kontak careercentre@nwu.ac.za om jou te help om ’n profiel op die LoopbaanSone te skep.
As jou organisasie reeds ’n profiel op LoopbaanSone het kan jy bloot met die gebruikersnaam en wagwoord inlog. As jy onseker is oor hierdie besonderhede, of by ’n bestaande rekening gevoeg wil word, kontak ons span direk.<0}  
Werkgewers kan ook vir ons digitale plakkate en brosjures stuur wat ons op die Facebook-bladsy van die NWU se Loopbaansentrum kan plaas.

Entrepreneurskaps- en werkgereedheidsweek

Die doel van hierdie jaarlikse seminare is om NWU-studente toe te rus met die kennis wat met die oordrag van studentelewe na werkslewe verband hou. Die seminare is informeel en interaktief van aard. Die klem is op praktiese en nuttige inligting wat studente in die oorgangsperiode kan toepas. Hierdie seminare word op elkeen van die drie kampusse aangebied en bestaan uit ongeveer vier of vyf aanbiedings (30 minute elk) deur bedryfskundiges op hulle gebiede, met die geleentheid vir vrae van die studentegehoor (10 minute).

 

Werkgeweraanbieding

’n Voorbeeld van ’n maatskappy wat hulle kultuur vertoon en die ideale kandidate wat hulle soek. Hoëvlakoorsig oor die maatskappy en geleenthede wat beskikbaar is.

Kontak die skakelbeamptes van die kampus om te bespreek:

Mahikengkampus (Gebou ADC, Kantoor 139) - 018 389 2935. Epos: mafikengcareercentre@nwu.ac.za

Potchefstroomkampus (Gebou F25) - 018 299 4409. Epos: potchcareercentre@nwu.ac.za

Vanderbijlparkkampus (Gebou13, SL 333) - 016 910 3345. Epos: vaalcareercentre@nwu.ac.za

 

Gaslesings

’n Uitnodiging van fakulteite aan die bedryfskundiges om ’n praatjie te gee oor ’n onderwerp waaroor ooreengekom sal word. Die doel is om insig vanuit ’n bedryfsperspektief te gee.

 

 

Kontak ons

Mahikengkampus (Gebou ADC, Kantoor 139) - 018 389 2935. Epos: mafikengcareercentre@nwu.ac.za

Potchefstroomkampus (Gebou F25) - 018 299 4409. Epos: potchcareercentre@nwu.ac.za

Vanderbijlparkkampus (Gebou13, SL 333) - 016 910 3345. Epos: vaalcareercentre@nwu.ac.za