Ons passie is ons studente
Hoewel ons daarna streef om plaaslik betrokke te bly, is dit ons doelwit om in alles wat ons doen nasionaal relevant te bly en internasionaal erken te word. Die Loopbaansentrum voeg waarde by deur deurlopende ondersteuning te verskaf om gegradueerdes van gehalte te produseer. Dit word gedoen deur die gaping tussen studente en ander rolspelers te verklein, asook om deure in verskeie professionele bedrywe oop te maak.
Benewens om wonderlike beleggings in relevante, ryk kurrikulums te maak, het ons ook wonderlike ondersteuningstelsels in plek om ’n begrip te ontwikkel vir die werkplek en die soort eienskappe waarna werkgewers in gegradueerdes soek. Die hart van ons pogings is om gegradueerdes te produseer wat die nuanses van die Suid-Afrikaanse omgewing verstaan en toegerus is om kritieke waarde toe te voeg om die breë maatskaplike, ekonomiese, omgewings- en etiese uitdagings te hanteer wat die samelewing in die gesig staar.
Kortom, dink aan ons as jou reisgenote op die pad na jou opwindende professionele toekoms!
Die span
Mahikengkampus
Studentesentrum
Potchefstroomkampus
Gebou F25
Gebou F25
Vanderbijlparkkampus
Gebou 13, SL333
Kontak Ons
Mahikengkampus (Studente Sentrum) - 018 389 2935
Potchefstroomkampus (Gebou F25) - 018 299 4409
Vanderbijlparkkampus (Gebou 13, SL 333) - 016 910 3345