Voordele vir alumni

Die Universiteit se alumni verskaf ’n noodsaaklike hulpbron aan die loopbaanontwikkeling van studente, en alumni word aangemoedig om verskillende meganismes deur die Loopbaansentrum se alumninetwerk te oorweeg waardeur hulle hulle kundigheid kan deel. Daar is geleenthede om hulle dienste as mentors vir studente aan te bied, om as ’n gasdosent op te tree en hulle professionele ervarings en loopbaanpaaie te deel, en om studente as interns in hulle organisasies in te neem. Daarbenewens kan alumni by die LinkedIn-groep aansluit wat aan hulle langtermyn-indiensneembaarheid en bevorderingsgeleenthede sal verskaf. Ons Facebook-blad sal aan alumni ’n platform gee om werk te soek, vakatures vir professionele persone te adverteer en inligting oor belangrike NWU-loopbaangebeure te verskaf.

Sluit by ’n trotse erfenis aan om iets terug te gee en die vrugte daarvan te pluk. Kontak asseblief ons kantoor vir verdere inligting.


Kontak Ons

Mahikengkampus (Studente Sentrum) - 018 3892575

Potchefstroomkampus (Gebou F25) - 018 299 4409

Vanderbijlparkkampus (Gebou 13, SL 333) - 016 910 3040