Loopbaangids

’n Publikasie wat loopbaanverwante inligting vir studente verskaf. Die publikasie bied ’n geleentheid vir maatskappye om loopbaanverwante geleenthede bekend te stel en te bevorder, met die doel om geskikte gegradueerde studente te lok. Daarbenewens plaas maatskappye loopbaanadvertensies in hierdie gids en deel hulle kontakinligting hier. Die publikasie deel inligting vir loopbaanvoorbereiding met NWU-studente wat hulle sal help met hulle proses om werk te soek, CV’s te skryf, hulle vir onderhoude voor te berei, hulle indiensneembaarheid te verhoog en hulle gereedheid vir werk te ontwikkel.