Loopbaanuitstalling: Dit is ’n meer omvattende uitstalling deur maatskappye wat loopbaangeleenthede vertoon en deel. Die uitstalling fokus hoofsaaklik daarop om geleenthede vir internskappe, vakansiewerk, ontwikkelingsprogramme vir gegradueerdes en/of voltydse indiensnemingsgeleenthede te deel.
Werkgereedheidseminare: Die doel van hierdie seminare is om NWU-studente toe te rus met die kennis wat met die oordrag van studentelewe na werkslewe verband hou. Die seminare is informeel en interaktief van aard. Die klem is op praktiese en nuttige inligting wat studente in die oorgangsperiode kan toepas. Hierdie seminare word op elkeen van die drie kampusse aangebied en bestaan uit ongeveer vier of vyf aanbiedings (30 minute elk) deur bedryfskundiges op hulle gebiede, met die geleentheid vir vrae van die studentegehoor (10 minute).