Nuus - Wyngilde laat Valentynsdag Vonkel

Party mense geniet ʼn romantiese piekniek op Valentynsdag. Ander sien dit bloot as nog ʼn normale Woensdag. Dan is daar dié wat verkies om die dag (maak nie saak die geleentheid) met ’n glasie goeie vonkelwyn af te sluit, Valentyn of nie.

 

Op die 14de Februarie het die NWU Sports Village gegons met Potchefstroom se fynproewers en waardeerders van vonkelwyn. Dit was die eerste wynproe geleentheid in die reeks beplan vir  2018, aangebied deur die NWU Alumni Wyngilde.  En ter viering van Valentynsdag, het die Gilde besluit om te fokus op vonkelwynsoorte.

 

Gaste het ʼn verskeidenheid wyne geproe vanuit ʼn verskillende kelders; onder andere Jean Dorséne, Durbanville Hills, La Gioiosa Valdobbiadene Prosecco Superiore, Jean Vesselle Rose de Saignee en Cantine di Ora Frizzante. ‘n Keurige spyskaart van canapes is bedien deur die NWU Sports Village.

 

Die volgende wynproe vind plaas op die 14de Maart 2018, aangebied deur Nederburg. Kaartjies is beskikbaar by www.artema.co.za/buy-tickets. Gaan na die NWU Alumni Wyngilde Facebook blad vir meer inligting.

 

Sien uit om julle te ontvang op die 14de Maart wanneer ons weer ons glase lig.

 

Geskryf deur: Rouxné van der Westhuizen