Alle studente moet jaarliks registreer, soos in die Algemene Akademiese Reëls, die Statuut van die Noordwes-Universiteit en die tersaaklike bepalings van die Wet op Hoër Onderwys bepaal word.
Dit is elke jaar min of meer aan die begin van Februarie tyd vir studente om te registreer.
Versnel jou registrasie volgende jaar deur jou minimum betaalbare gelde vroeg (Desember of Januarie) in die Universiteit se bankrekening in te betaal. Maak ook seker dat jou uitstaande Universiteitsrekening ten volle vereffen is, aangesien jy nie toegelaat sal word om vir volgende jaar te registreer as enige gelde vir hierdie jaar nog uitstaande is nie. Let daarop dat geen toegewings vir die betaling van die minimum gelde betaalbaar gemaak sal word nie.
Internasionale studente moet die volle bedrag van hul voorgenome studie-en verwante kostes aan die universiteit vooruit betaal, voordat registrasie gefinaliseer kan word.
Brosjure vir betaalbare gelde en finansiële reëls
GERAAMDE EERSTE MINIMUM GELDE 2021
EERSTEJAARSTUDENTE
Verpligte eerste minimum gelde betaalbaar vir 2021 |
Koshuisstudente Alle NWU-kampusse |
Nie-koshuisstudente Alle NWU-kampusse |
Afstandsleerstudente |
---|---|---|---|
NWU-registrasiegelde |
R 2 020 |
R 2 020 | R 2 020 |
Eerste betaling op klasgeld |
R 8 240 |
R 8 240 | R 8 240 |
Eerste betaling op koshuisgelde |
R 8 570 |
R 0 | R 0 |
R&O Pakket (Verpligtend vir koshuis 1ste jaars) |
R 1 200 |
R 110 | R 0 |
Totale Verpligte Minimum Eerste Betaling 2021 |
R 20 030 |
R 10 370 | R 10 260 |
SENIOR STUDENTE
Verpligte eerste minimum gelde betaalbaar vir 2021 |
Koshuisstudente Alle NWU-kampusse |
Nie-koshuisstudente Alle NWU-kampusse |
Afstandsleerstudente |
---|---|---|---|
NWU-registrasiegelde |
R 2 020 |
R 2 020 |
R 2 020 |
Eerste betaling op klasgeld |
R 8 240 |
R 8 240 |
R 8 240 |
Eerste betaling op koshuisgelde |
R 8 570 |
R 0 |
R 0 |
Totale Verpligte Minimum Eerste Betaling 2021 |
R 18 830 |
R 10 260 |
R 10 260 |