Invordering van studenterekeninge

Akademiese registrasie vind elke jaar tussen Januarie en Maart plaas. Studente wat uitstaande rekeninge vanaf die vorige jaar oorgedra het, moet hierdie uitstaande bedrae betaal, tesame met die volle minimum gelde vir die huidige jaar, voordat hulle kan registreer. Invorderingsaksies begin na die registrasieperiode en behels die volgende:

 

Studente wat nie herregistreer nie en steeds geld skuld

  • Skriftelike eise en SMS-eise word aan die e-posadres vir die rekening en aan die student se e-posadres gestuur.
  • ’n Reeks SMS’e word aan die student gestuur om hulle aan die uitstaande bedrag te herinner.
  • Die uitstaande rekening word vir invordering aan die Universiteit se prokureurs oorhandig.

Studente wat hulle grade verwerf het maar steeds geld skuld

  • Skriftelike eise en SMS-eise word aan die e-posadres vir die rekening en aan die student se e-posadres gestuur.
  • ’n Reeks SMS’e word aan die student gestuur om hulle aan die uitstaande bedrag te herinner.
  • Geen student  met uitstaande skuld mag aan die gradeplegtighede deelneem nie
  • Indien die student steeds versuim om te betaal, word die uitstaande rekening vir invordering aan die Universiteit se prokureurs oorhandig.

Studente wat steeds hierdie jaar studeer, maar uitstaande bedrae het

  • E-posse en SMS’e wat bedrae van ouer as 30 en 60 dae aandui, word aan ouers gestuur ter herinnering aan die student se uitstaande bedrag.
  • Rekeninge word ook aan tesouriers en leningsinstellings gestuur.
  • Opvolgaksies word daagliks ten opsigte van versoeke om uitstel uitgevoer.
  • Kennisgewings word op eFundi geplaas en by die rekeningstate ingesluit om studente te herinner om uitstaande bedrae met hulle ouers en tesouriers op te volg voordat semestertoetse of eksamens begin.
  • Ouers en studente word gebel of SMS’e ten opsigte van agterstallige rekeninge word vanaf Augustus tot aan die einde van Oktober aan hulle gestuur.
  • Teen November word studente se uitstaande rekening vir invordering oorhandig. Voordat dit finaal vir invordering oorhandig word, word elke rekening individueel nagegaan vir ingeval dit moontlik intussen betaal is.
  • Studente se finale eksamenuitslae word teruggehou indien die rekening agterstallig is.

Geweierde tjeks

  • Wanneer onbetaalde tjeks aan die Universiteit teruggestuur word, word ’n SMS-boodskap aan die student gestuur.
  • ’n Terugskrywing vir die bedrag van die onbetaalde tjek word op die student se rekening gemaak.
  • Die student moet R100 vir die onbetaalde tjek betaal.

Oorhandiging

Die oorhandiging van rekeninge word per kampus in konsultasie met die Bestuurder van die Departement Rekeninge, Beurse en Versamelings goedgekeur. Onbetaalde rekeninge word aan ’n paneel prokureurs oorhandig  wat van tyd tot tyd deur die Universiteit aangestel word.

Kontakbesonderhede vir verdere inligting 

 

Mahikengkampus

Potchefstroomkampus

Vanderbijlparkkampus

Kontaknommer

(018) 389 2478

(018) 299 2662 tot

(018) 299 2665  of

(018) 299 2546

(016) 910 3155 of

(016) 910 3530

E-posadres

mc-collect@nwu.ac.za

PC-Invorder@nwu.ac.za

VC-Debtcollect@nwu.ac.za