Nuus - NWU-PUK Koor op Kyknet

Die NWU-PUK Koor is een van die vier top universiteitskore wat deel is van kykNET se nuwe programreeks oor die Kuesta Universiteit Koorfees wat einde verlede jaar in Stellenbosch plaasgevind het.

Dié program sal elke Sondag van 4 tot 25 Februarie om 14:30 op kykNET uitgesaai word.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van die permanente en stigterslede van die Kuesta Koorvereniging wat die bekende koorfees aanbied. Dié vereniging se sekretariaat is by die NWU gesetel en tans is mnr Peet Ryke die voorsitter en mnr Jaco van der Walt die sekretaris. Hulle is albei van NWU Potch Kunste.

Hoewel die kore wat aan die Kuesta koorfees deelneem 'n wye verskeidenheid musiek sing, val die fokus op Westerse kunsmusiek. Die sentrale idee van die fees is dat die kore vir mekaar moet sing – meesal in twee siklusse – met een wat uit oorwegend ligter musiek bestaan, en die ander uit ernstiger musiek. Die fees eindig gewoonlik met 'n groot gala-konsert wat deur die publiek bygewoon kan word.

Moet dus nie Kuesta vir die volgende vier weke om 14:30 misloop nie.