Oor ons

As ’n publieke kunsgalery is dit die NWU Galery se doel om as ’n skakelpunt te dien vir die kulterele lewe van die NWU en die van die omliggende gemeenskap deur ’n opwindende en kritiese program van uitstallings, publikasies en geleenthede wat bewustheid, begrip en waardering vir die kunste en ons omliggende gemeenskap kweek.

Die galery se visie vir die toekoms is om die kunste in die Noordwes provinsie te bevorder en om 'n platvorm te wees vir studente en lede van ons gemeenskap om gesprek te voer oor die belangrike kwessies in Suid-Afrika en in die Suid-Afrikaanse kunstebedryf.

Die NWU Galerye bestaan uit twee aangewese galeryspasies. In 2002 onder die inisiatief van Profs John Botha en Annette Combrink en die visie van dr Tom Larney (voormalige direkteur van die Fedinand Postma-biblioteek) het die NWU Galery sy bestaan gemaak. Die NWU Galery is suksesvol geopen met die ‘Boerneef tot Pierneef’-uitstalling. Die aangewese spasie in die Ferdinand Postma-biblioteek spog met klimaatbeheerde kunsbergingsfasiliteite en ’n groot uitstalruimte vir tydelike uitstallings.

In 2007 het die vorige kurator van die NWU Botaniese Tuin Martin Smit en NWU kurator Christina Naurattel die noodsaaklikheid van ’n kunsgalery en beelde park in die NWU Botaniese Tuin geïdentifiseer. Die doel en uitkomste van hierdie onderneming was om ’n opvoedkundige en stimulerende omgewing te skep waar die gemeenskap kan ontspan terwyl hulle meer leer oor die kunste en die natuur terselfde tyd.

Met die hulp van Prof Combrink is die nodige fondse beskikbaar gestel vir die herinstelling van ’n ongebruikte laboratorium in ’n funksionele galeryspasie in die Botaniese Tuin. Die NWU Botaniese Tuin Galery is geopen in 2008 met die ‘Rendezvous Focus Sculpture’-uitstalling.