Twee weke van Registrasie en Oriëntasie, 55 ure van repetisies oor agt dae en byna 1000 eerstejaarstudente - een asemrowende uitvoerende kunste skouspel.
Eerstejaarskonsert, ʼn massiewe produksie wat byna 4000 sitplekke uitverkoop, is gemik daarop om nuwelinge studente van die Potchefstroomkampus bloot te stel aan die kulturele studentelewe op kampus. Elke jaar word studente verras wanneer hul hul verborge talente ontdek wat sang, musiek, toneelspel en dans insluit.
Die kwaliteit van die produksies en vlymskerp humor vermaak jaar na jaar die gehoorlede wat kampusbestuur, ouers, studenteleiers en studente insluit. Hou in gedagte dat die hele produksie; insluitende teks, choreografie, musiek, sang, dekor en kostuums deur die eerstejaars en koshuis seniors geskep word.
Vanjaar se beoordelaarspaneel het die internasionaal bekende sangeres; Jennifer Jones, Suid-Afrikaanse Popster; Nadine, en televisie sepiester; Nadia Valvekens, ingesluit. Elke koshuissleep het 20 minute gehad om die beoordelaars te beïndruk. Patria Manskoshuis en Oosterhof Dameskoshuis is gekroon as die algehele wenners, met Laureus Manskoshuis en Minjonet Dameskoshuis in die tweede plek. Die prys vir beste akteur en aktrise is onderskeidelik toegeken aan Anwil Botha (Patria Manskoshuis) en Marlie Kotze (Wag-ʼn-Bietjie Dameskoshuis).
Eerstejaarskonsert is deel van Studentiteit en ʼn aanwins vir kunste op kampus. In die woorde van die KSR: Kunsteraad Voorsitter; Duan Craffert: “Eerstejaarskonsert is ʼn skoon skilderdoek waarop eerstejaars enige prent kan skilder wat hul wil”, en ons moet erken, die skildery is pragtig.
Vir die volledige uitslae, klik hier.
Foto: Michael du Plessis - Snappit Fotograaf