Nuus - Canvas 2018: Die Picasso Binne-in

In die woorde van die liedjieskrywer/sanger Petula Clark: ‘you can colour my world with sunshine yellow each day”, en hoewel hulle nie werklike sonskyn gebruik het nie, het die studente van die NWU Potchefstroomkampus wel ons wêreld (en die Amfi Teater) ingekleur tydens Canvas 2018.

Canvas word amptelik hernoem in 2015 , en het gegroei vanuit die vorige Blokskilder en Skeppende Kuns. Die tema vir Canvas 2018 was “Dear future generation”, en soos genoem deur die KSR: Kunsteraad Voorsitter; Duan Craffert, is die doel van die projek dat studente die visuele kunste moet geniet en addisionele karakter toevoeg tot kampus deur hul uitstekende kunswerke.

Die projek is waarlik uniek omrede dit een van die min nie-akademiese geleenthede is vir studente om betrokke te raak by visuele kunste op kampus. Projekorganiseerder; Arno Holland verduidelik dat die projek beoog om studente te ondersteun en te bemagtig wie andersins min geleentheid sou hê om betrokke te wees by die visuele kunste op kampus. Ander geleenthede sluit in Pukki Talentfees – Visuele Afdeling, en studente programme by die NWU Galery.

Wanneer die dag aanbreek, kry die elke sleepkoshuis slegs twaalf ure – van 18:00 tot 06:00 (die volgende oggend!) - om hul twee by twee meter meesterstuk te voltooi. Daar kan slegs vyf verteenwoordigers ter enige tyd skilder aan die kunswerk. En glo my, die tydsbeperking herinner deelnemers om elke oomblik te laat tel en nie ’n enkele kwashaal te mis nie!

Die voltooide werke bestaan uit post-modernistiese kunswerke met diepe betekenisse en ryk simboliek, soortgelyk aan die werke van die vorige jaar te siene in die Duikweg. Die kunswerke se rasionaal word opgeplak vir die eerste week na die afloop van die kuns-maratonsessie en dien as verklaring oor die werke, oorsprong en dieper betekenis.

Buiten dat dit ʼn uitdagende platform is vir visuele kuns, dra dit ook by tot die puntetelling vir elke koshuis wat meeding vir die gesogte kunstebeker. Canvas toon dat alhoewel jy dalk ʼn geregistreerde BCom Rekeningkunde student is, ʼn klein Picasso steeds binne jou kan skuil. En onthou, Albert Einstein waarborg dat kreatiwiteit jou maklik rondom die wêreld kan neem.

Geskryf deur: Christian Herselman

Foto: NWU-Puk Kunste/Arts