Q&APP interne en eksterne dokumentasie

Q&APP-dokumentasie

Die volgende skakels verleen toegang tot aansoekvorms. Maak asseblief van die Q&APP-proseskaart gebruik om ’n beter begrip te kry van die doel en gebruike van die verskillende vorms hieronder.


 

 

SKAS – Opdragdokumente

Die Senaatskomitee vir Akademiese Standaarde (SKAS) is ’n vaste komitee van die NWU Senaat wat ingevolge paragraaf 19(1) van die Statuut van die Noordwes-Universiteit gestig is. SKAS is gestig om te kyk na sake wat verband hou met voldoening, gehalte, relevansie, en die responsiwiteit van die NWU se formele akademiese aanbieding en voortgesette-opleidingskursusse, en om aanbevelings in hierdie verband aan die Senaat te maak. Vir meer inligting, sien die SKAS-opdrag.

 

2024 VERGADERINGS: SKAS
SENAATSKOMITEE VIR AKADEMIESE STANDAARDE

Datum

Tyd

Lokaal

Agenda sluit

21 Feb 2024

10:00 – 13:00

Microsoft Teams Vergadering

6 Feb 2024

8 Mei 2024

10:00 – 13:00

Microsoft Teams Vergadering

24 Apr 2024

14 Aug 2024

10:00 – 13:00

Microsoft Teams Vergadering

31 Julie 2024

16 Okt 2024

10:00 – 13:00

Microsoft Teams Vergadering

2 Okt 2024

12 Nov 2024

10:00 – 13:00

Microsoft Teams Vergadering

29 Okt 2024

 

Q&APP Vorms

Dien asseblief ʼn amptelike versoek in om te verseker dat u versoek bygevoeg word op die SKS Workload-stelsel!

Dien asseblief ʼn amptelike ondersteuningsversoek in as u bystand benodig van een van ons SKS'e m.b.t. jaarboekwysigings, ander wysigings en nuwe kwalifikasieontwerp, -hernuwing en -ontwikkeling.

 

 

 

Vorm 1: Situasie-ontleding (aansoek vir 'n nuwe kwalifikasie of 'n nuwe verskaffingsmodus)

Vorm 1 is ’n fakulteitsituasie-ontleding om die lewensvatbaarheid van ’n nuwe kwalifikasie of akademiese program en die markaptyt en volhoubaarheid van ’n voorgestelde nuwe kwalifikasie of nuwe leweringsmodus te bepaal. Die verband met die NWU se visie om kurrikulumtransformasie en ‑innovasie daar te stel, moet ingesluit word. Die senior kurrikulumspesialiste by Q&APP sal aansoekers help om vorm 1 in te vul.

Vorm 1 moet ingevul en deur die fakulteitsraad en Q&APP goedgekeur word om te vorder na enige verdere stappe soos die proseskaart aandui.

Projek plan templaat

 

 

Vorm 2: Aansoek vir veranderings aan 'n bestaande akademiese kwalifikasie

Vorm 2 is die DHOO se aansoekvorm vir veranderings aan ’n bestaande kwalifikasie.  Die doel van vorm 2 is om veranderings aan te bring aan bestaande akademiese kwalifikasies wat alreeds in die NWU se PKM is.  Hierdie tipes veranderings sluit nuwe leweringsmodusse, kampusuitbreidings en bykomende KOVM’s in. Die vorm vereis DHOO-goedkeuring, moontlik deur RHO-goedkeuring gevolg.

 


 

Vorm 3: Gekombineerde eksterne aansoekvorm vir die DHOO, DIE HOKK (RHO) en SAKO

Vorm 3 kombineer die drie eksterne goedkeuringsvorms. Die senior kurrikulumspesialiste by Q&APP sal aansoekers help om die gekombineerde vorm in te vul en dan die inligting na die eksterne DHOO-, PKM-, HOKK- en SAKO-vorm onttrek. Die doel van die vorm is om vakgroepe, fakulteite en die SOL in te lig en in die kurrikulumontwikkelingsproses te lei. Vorm 3 word vir alle nuwe kwalifikasie-aansoeke, of vir nuwe verskaffingsmodusse vir ’n kwalifikasie gebruik.

Vorm 3 moet deur die fakulteitsraad goedgekeur word en saam met vorm 1 (situasie-ontleding) by Q&APP ingedien word om by die SKAS ter tafel gelê te word. Wanneer die Senaat, deur die SKAS, dit goedgekeur het, sal die aansoek deur Q&APP vir eksterne goedkeuring ingedien word.

 

 

 

Vorm 4: Jaarboekveranderings (aansoeke wat slegs interne goedkeuring vereis)

Die doel van vorm 4 is om alle veranderings aan te teken aan kwalifikasies, programme en modules wat veranderings in die jaarboek vereis. Tipes veranderings wat SKAS-goedkeuring vereis, sluit in:

  • Moduleveranderings (byvoeging/verwydering van ’n module, verandering van die naam, kode, krediete of uitkomste van ’n module)
  • Verandering van die volgorde van modules in ’n program
  • Verandering van module-uitkomste
  • Nuwe programme/veranderings aan bestaande programme
  • Byvoeging van ’n nuwe program by ’n bestaande kwalifikasie
  • Veranderings aan summatiewe assessering

*Let op dat al hierdie veranderings deur Q&APP en/of die SOL ondersoek moet word om dienooreenkomstig te adviseer.

’n Bondige motivering vir hierdie veranderings moet by vorm 4 ingesluit word.  Vorm 4 moet deur die fakulteitsraad goedgekeur word en aan Q&APP vir SKAS-vergaderings voorgelê word.  Let op dat die agenda vir SKAS-vergaderings twee weke voor die vergadering sluit.

 

.

 

Vorm 6 is die kwalifikasie- en programdokument

Die kwalifikasie-dokument bevat die ekstern goedgekeurde kwalifikasie-inligting, sowel as die interne programinligting wat aan die kwalifikasie gekoppel is. Vorm 6 is die kurrikulum-bloudruk in alle kwalifikasies en moet bygewerk word in die proses van kurrikulumvernuwing, veranderings aan IPE's en EPE's vir jaarboeke.

 

 

 

 

 

 

Konsep van 'n opdrag wat aan 'n Advieskomitee by die NWU gegee word

Hierdie dokument is 'n konseptemplaat om as riglyn te dien vir die opstel van 'n opdrag deur 'n kwalifikasie, program of skool aan hulle Advieskomitee met die oog op samewerking met die betrokke bedryf. Navrae kan gerig word aan  sharon.paulse@nwu.ac.za.