Verkeer- en toegangsbeheer

Ons beheer alle verkeer op die kampus deur voertuie te registreer, parkeerskyfies uit te reik en voertuie tot sekere areas te beperk. Ons bespreek en verhuur parkeerareas en onderdakparkering, ondersoek voertuigongelukke en pas toegangsbeheer toe (insluitende PUK-kaarte en sleutelbeheer). Om die ordelike vloei van verkeer en die optimale benutting van parkeerruimtes te verseker, pas ons die verkeersregulasies toe. Ons pligte sluit die regulering van toegangsbeheer deur elektroniese kaartbeheer, die regulering van voertuig- en voetgangerstelsels, asook ’n lisensieskanderingstelsel in.

Verkeer- en toegangsbeheer sluit in:

  •   ’n Toegangsbeheerstelsel
  •   Elektriese omheinings
  •   Verkeerbeheer
  •   Besprekings
  •   Die verhuring van onderdak- en kelderparkering
  •   Die uitreiking en kansellering van ID-kaarte
  •   Verlies/diefstal van ID-kaarte
  •   Sleutelbeheer
  •   Die toe- en oopsluit van geboue en buitedeure