Beveiliging

Ons beskerm menselewens, eiendom en geboue deur doeltreffende patrolliedienste te verskaf, misdaad te voorkom, sake te ondersoek, baie belangrike persone te beskerm, en die ambulans- en brandweerdienste te ondersteun.

Beveiligingsdienste sluit in:

  •   Algemene reëls en gedrag wat met aktiwiteite op kampus verband hou
  •   Inhegtenisnemings
  •   Veiligheidspolisienavrae
  •   Nauurse veiligheid van universiteitseiendom
  •   Verlore goedere
  •   Die bring van vuurwapens na die kampus of die besit, stoor of hantering daarvan op die kampus
  •   Die hys van vlae
  •   Dissiplinêre optrede
  •   Paraatheid, brandbestryding en ambulansdienste
  •   Alarms en moniteringstelsels
  •   Ondersoek van misdaad
  •   Koördinering van toegangsbeheer en vroeë waarskuwingstelsels (alarmstelsels)
  •   Vervreemding en verwydering van materiaal
  •   Beleid oor studente-organisasies, vergaderings en aktiwiteite op die kampus
  •   Die gebruik van die Universiteit se geriewe vir politieke doeleindes
  •   Die prosedure vir die hantering van gevalle van diefstal

Veiligheidswenke vir studente en oor die algemeen