Beroepsgesondheidsorg

 

Potchefstroomkampus

Mediese gesondheidstoetsing van werknemers

  • Afneem van geskiedenis
  • Fisiese ondersoek
  • Gewig, lengte – vasstelling van BMI
  • Oogtoets
  • Longfunksietoets
  • Gehoortoets
  • Voldoening aan die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid 85 van 1993 (OHS-wet)
  • Voldoening aan die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes 61 van 1997 (COIDA-wet)
  • Bevordering van die welstand van werkers
  • Voorkoming van swak gesondheid wat deur werksomstandighede veroorsaak word
  • Beskerming van werknemers teen risiko’s in die werkplek

Bevordering Voorkoming Beskerming

BEVORDERING = Vroeë opsporing

  • Gesondheidstoetsing om siektetoestande vroeg op te spoor

 

VOORKOMING = Inenting

  • Griep
  • Meningitis (waar bekers gedeel word, druppels)
  • MMR (masels, pampoentjies en Duitse masels)
  • Hepatitis A (deur besmette voedsel en water veroorsaak)
  • Hepatitis B (deur bloed, semen en ander liggaamsvloeistowwe versprei)

 

BESKERMING

Bestuur van gesondheidsgevare:                              

  • Chemiese gevare
  • Fisiese gevare
  • Biologiese gevare
  • Psigososiale gevare
  • Ergonomiese gevare

 

Beserings aan diens: risiko’s ten opsigte van beserings aan diens

Beroepshigiëne-opnames – meting van gesondheidsrisiko’s

  • Monitering van lug vir stof
  • Blootstelling aan chemiese stowwe
  • Geraas
  • Ventilasie
  • Temperatuur