Opname Loopbaansentrum

Die Universum-studente-opname het ’n baie belangrike rol om in die onderrig-leer-omgewing te speel, aangesien dit die Universiteit van waardevolle en objektiewe insigte in die menings en voorkeure van ons studente voorsien. Benewens dat waardevolle inligting oor die tevredenheidsvlakke van ons studente verkry word, verskaf dit ook insigte aan die Universiteit oor hoe voorbereid studente vir die werksomgewing is, wat die Universiteit in staat stel om te sien in watter areas ons studente beter kan voorberei en beter tot die sukses van ons studente kan bydra.

 

Universum Suid-Afrika se professionele opname: Die opname samel data in wat verband hou met professionele persone se voorkeure, ervarings en opinies ten opsigte van ’n aantal loopbaanverwante faktore, hulle kommunikasievoorkeure, en data oor hulle ervaring van die universiteit.

Die doel van die navorsing is om opinies ten opsigte van werkslewe, ervarings, loopbane en prioriteite vir die toekoms te verkry. Die opname ondersoek ook opinies ten opsigte van die universiteitservaring en alumni-ervaring. Die resultate van die opname help universiteite en werkgewers om die motiveringsfaktore en doelwitte van die hedendaagse professionele persone te verstaan. Die data help organisasies om hulle werwingstrategieë te ontwikkel en te verfyn, en verskaf grondige kennis oor alumnilede aan die universiteite.

 

Die Suid-Afrikaanse professionele opname se doel is om:

  • Respondente aan te moedig om proaktief oor hulle loopbane na te dink 
  • Universiteite van waardevolle inligting met betrekking tot hulle alumni te voorsien
  • ’n Kommunikasiekanaal tussen respondente en werkgewers te verskaf
  • Vergelykings toe te laat van die persepsies van professionele persone van regoor die wêreld

 

SAGEA se werkgewer- en kandidaatopnames:

Die SAGEA-opnames lig universiteite oor die vraag na gegradueerdes in, ten opsigte van bedryfsvereistes sowel as vaardigheidsvereistes, en hoe werkgewers gegradueerdes in die hande kry. Opnameresultate het ten doel om die Universiteit oor werwingspatrone vir gegradueerdes in te lig en ons gegradueerdes vir die volgende oorgang in hulle lewe na die werksomgewing voor te berei, wat alles in die lesinglokale relevant is.

Kontak ons asseblief oor hoe ons julle van nut kan wees.